Video: Een beseer ná lugballon by Montecasino losskeur

Foto: @JnrEGM op Twitter.

Foto: @JnrEGM op Twitter.

Die Hyundai-lugballon by Montecasino in Fourways het Vrydagmiddag losgeskeur en die lug ingevaar voor dit gebars en neergestort het.

Talle sosialemedia-gebruikers het foto’s op Twitter en Facebook gelaai wat wys hoe die ballon die lug invaar. Ettiene Topham het ‘n video geneem wat wys hoe die ballon bars en in twee skeur voor dit na die grond begin val.

Stukke van die ballon het op huise se dakke in Fourways te lande gekom. Emer-G-Med het intussen op Twitter gesê dat een persoon tydens die voorval beseer is.

Foto: @CameronAppel op Twitter.

Foto: @CameronAppel op Twitter.


WAARSKUWING: Die video bevat krutaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.