Jordan Pelser, die dapper vierjarige seuntjie wat die stryd teen kanker gewen het, is vandeesweek met ʼn rit in ʼn spoggerige bloedrooi Ferrari bederf.
Jordan en sy boetie Chris, is deur ʼn sportmotorentoesias in Sandton, Johannesburg bederf tydens ʼn voorsmakie vir ʼn geleentheid wat Sondag deur die Sunflower Fund aangebied word. Jordan en ʼn paar van sy maatjies wat saam met hom in die onkologie-eenheid van die Unitas-hospitaal in Pretoria behandel is, gaan die geleentheid kry om in verskillende soorte luukse sportvoertuie, waaronder motors van Aston Martin en McLaren, te ry.
Die geleentheid word onder andere gedoen om die dapper kankervegtertjies te bederf en om bewusmaking te skep oor kindersiektes.
Jordan het ná die toetsrit aan sy Mamma Jolandi gesê hy gaan ook eendag as hy groot is só ʼn rooi kar ry.
Jordan het verlede Vrydag die goeie tyding gekry dat hy, presies 213 dae nadat hy met Burkitt-leukemie gediagnoseer is, in remissie is. Lees meer oor sy dapper reis hier.
[wpvideo TfLlWqC7]
ai dit is wonderlike nuus, salnet bid dat die nare ou kanker geheel en al verdwyn
dit is wonderlike nuus, sal net bid dat die nare ou kanker geheel en al verdwyn