Video: Julius Malema van aanranding aangekla

Lees ook:
Malema het werkers “verdedig teen rassis” sê EFF

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Klag van aanranding word Donderdag teen Julius Malema, parlementslid en leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), ingedien na ʼn voorval by ʼn kitskosrestaurant in Tzaneen, Limpopo wat op kringtelevisiekamera vasgelê is.

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan die man, wat glo deur Malema rondgestamp en gevloek is, bystaan met die indien van strafregtelike klagtes van aanranding, intimidasie en crimen injuria. Die beweerde voorval het op 8 Junie plaasgevind.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum het verduidelik dat AfriForum besluit het om die slagoffer by te staan nadat hy die organisasie om hulp genader het. “Die voorval skets ’n duidelike beeld van Malema as ’n bullebak wat homself as verhewe bo die reg en mede-landsburgers beskou. Ons kan nie toelaat dat ons openbare verteenwoordigers hulle soos kriminele gedra sonder om die gevolge van hulle dade te dra nie,” het Roets gesê.

In die beeldmateriaal kan gesien word hoe ʼn man wat blyk Malema te wees, ʼn ander man ten minste drie keer stamp, sy vinger in die slagoffer se gesig swaai en op hom skree. Hoewel die klank nie op die beeldmateriaal vasgevang is nie, het die slagoffer ’n beëdigde verklaring afgelê, waarin hy die woordewisseling wat plaasgevind het onder eed bevestig het. Malema het glo die slagoffer herhaaldelik gevloek en ’n “Boer” genoem. Hy het by geleentheid ook geskree: “I will f*ck you up!”

Die slagoffer het verduidelik dat die voorval hom magteloos gelaat het en dat hy erg geïntimideerd gevoel het, veral omdat sy vrou ook op die toneel was en hulle glo deur Malema se trawante omsingel was.

Maroela Media sal die polisie en EFF kontak vir kommentaar sodra die klagte aanhangig gemaak is.

[wpvideo 1TvX5LbL]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

anet ·

Malema is baie kordaat as hy sy kaders om hom het, maar as hy alleen is, is hy net ‘n blaas vol ertjies. Eendag sal hy hom nog mooi vasloop teen ‘n harde vuis in sy gesig. Hy is ‘n niks, net ‘n groot bek met ‘n blink kar. Sy eie partylede het verkies om ‘n nuwe party te stig. Hulle wil nie met hom geassosieer word nie.

BO BLINK EN ONDER STINK

Theresa ·

Ai die “untouchables”. Geen respek vir hulle self nie. Nou hoekom sal hulle respek vir ander hê. Nog te min blankes. Dis nou ‘n voorbeeld wat hy stel. Geen wonder dat klein kindertjies nie eers respek vir grootmense het vandag nie. Hulle word so grootgemaak want die grootmense wys vir hulle dis hoe dinge gedoen moet word.

Petrus Swanepoel ·

Jy sal geken word aan jou optrede teenoor ander……. en slegs mense wat mag kan beheer verdien mag……. Vir albei vakke gee ek jou 0/10………..

Koos ·

Daardie Koos wat so lelik praat is nie Koos van Zyl nie hoor.

Jaco van den Berg ·

Ek dink die mense maak dit baie erger as wat dit is! Die man het gaan moeilikheid soek en dit toe gekry, dit is nie asof Juluis hom met die vuis bygekom het nie, maar wie weet watse lelike intimiderende woorde die man gaan se het toe hy na sy sin te lank gewag het! Dink dit word net opgeblaas omdat dit Juluis is! As jy moeilikheid soek op die verkeerde plek gaan jy dit kry!

Zander ·

Jaco van der Berg, jy is die enigste person wat sin praat!

San ·

Is julle blind??? Wat rook julle tweetjies??? kan nie glo daar is nog mense wat so redeneer nie

francois ·

Jaco, tot jy n klagte gaan aangee omdat jy ongelukkig is or slegte diens en dan so hanteer word. Ek is seker jy gaan nie se, ag dit is ok stamp my en dreig my nie. Dit maak nie saak of dit Julius,Koos,Piet of die president was nie. Die optrede van die persoon ongeag kleur is onaanvaarbaar. Dit word nie opgeblaas nie. 1 persoon wat verklein word voor ander bloot omdat hulle die meerderheid is, is nie aanvaarbaar nie. Eks geskok dat dit nie as erg deur jou beskou word nie. Tot jy of jou kinders in daai man se skoenne was, dan sal ek laaik om jou optrede te sien en opinie te hoor.

francois ·

Jaco, tot jy n klagte gaan aangee omdat jy ongelukkig is or slegte diens en dan so hanteer word. Ek is seker jy gaan nie se, ag dit is ok stamp my en dreig my nie. Dit maak nie saak of dit Julius,Koos,Piet of die president was nie. Die optrede van die persoon ongeag kleur is onaanvaarbaar. Dit word nie opgeblaas nie. 1 persoon wat verklein word voor ander bloot omdat hulle die meerderheid is, is nie aanvaarbaar nie. Eks geskok dat dit nie as erg deur jou beskou word nie. Tot jy of jou kinders in daai man se skoenne was, dan sal ek laaik om jou optrede te sien en opinie te hoor.

Lizel ·

As blankes so maak met swartes is dit rassisme. As swartes dit met blankes doen het hulle daarvoor gesoek. Tipies SA.

Pieter ·

Stem 100% saam!! Die video is belaglik en die laaitie kan bly wees hy het nie ‘n harde klap gekry nie..

Ferdi ·

Jis Jaco ‘n wit ou wat bietjie “sense” praat. Dit lyk rerig of die ou eintik die rampokker in die storie is en of Juluis eers intree na hy n personeel lid verskree.

phillip ·

jaco van den berg ek stel baie sterk voor jy gaan sit en kyk di clip weer…di blanke man het van di begin af n argument gehaad met n ander ni blanke man…hy het ni met julias gepraat ni..julias het sy kop da kom in druk en ingemeng met iemand anders se sake..ons almal weet julias is n dumbass en n mors van tyd maar regtig ons het ni mense nodig wat nog vir hom wil opstaan ni..kyk di clip weer…gaan dink bieki baie mooi en dan wag j nog so 10min dank dink j nog n keer voor j iets wil se…duidelik kan j ni mooi sien wat gebeur het nie

anne ·

Jy is reg Phillip, kom ons staan eerder op vir ons eie mense, genade tog asb. Dankie Jay 100%

chris ·

Zander en Jaco

Dan moet ons seker aanneem dat die vorige aanklagte van aanranding teen hom ook net uit die duim gesuig is?
Julle het werklik so ver in die liberale slympoel ingesink dat daar vir julle geen hoop meer is nie.
Nog ‘n bietjie slaap nog ‘n bietjie sluimer .Die wakkerwordskok gaan groot wees.

Bernard ·

Chris, terloops, ek was die een wat die vorige klag teen hom gelê het, en ek het hom gaan terug trek ter wille van die veiligheid van my familie, wat per toeval bure is van ‘n persoonlike vriend van malema, en as jy dink ek het daai storie uit my duim uit gesuig, wens ek jou die selfde geval toe, en erger op jou familie, JY my liewe onkundige medemens met jou bevryde idee van “liberale slympoel” is die een met geen hoop voor mee nie, JY en die soort wat soos jy dink, is die wat moet wakker skrik. Ek is eerlik as ek sê julle is die wat ‘n ernstige teësinnige “wakkerwordskok” gaan ervaar. Ongeag van wie die skuldige party is in die verhaal, die dag wat dit met jou gebeur waar jy vas gepen is, 3 teen 1, waar altwee jou hande beset word, en ‘n lafhartige klap onverwags toegeken word aan jou, is die dag wat jy seker sal sin praat, tot dan, kry ek jou jammer

Chris ·

Bernard.
Ai man, kalmeer tel tot 10 en lees my skrywe weer,drink ‘n koppie koffie en antwoord my dan .Jy het regtig die pot hier ver misgesit,het jy ‘n benul wat ek geskryf het?
So van sin praat. gepraat.
Nietemin,jammer om van jou “ontmoeting” te hoor,

Groetnis

Bernard ·

Chris ek verstaan ten volle wat jy geskryf het, inteendeel het ek opreg daarop kommentaar gelewer en vir jou gesê het jy is die een sonder hoop, jou woorde was “dan moet ons seker aanneem dat die vorige aanklagte van aanranding teen hom ook net uit die duim gesuig is.” ek staan korrek as ek sê ek het jou gekorrigeer van wat aan geneem moet word, ek is heel kalm en rustig, en soek geensin onrus in ‘n gesprek met jou nie, maar bloot nes jy het ek my persoonlike opinie gelig waar in ek my ervaring openlik gedeel het, so om eerlik te vra, wie sit werklik die pot mis, ek het nie eers die beeld materiaal gekyk nie, net die kommentaar gelees en op joune af gekom en besluit ek gaan reageer daarop sonder om te oorreageer. Ek hoop werklik jy sien my punt van wat aan geneem moet word en om eerlik te wees, ek stem dat sommige al versuip het in die liberale slympoel, ek kan net nie dink hoe dit konnotasie heg aan my aanklagte teen hom en hoe enige iets aangeneem moet word nie? En as ‘n laaste, dit is nie nodig om jammer te wees vir my en sy ontmoeting nie, inteendeel, as jy daar was, of selfs al het jy die video gesien van ons voorval, sal jy verstaan watse tipe mens hy en sy persoonlike aanhangers is, ongeag en afgesien van ras, politiese stand of selfs van kultuur. Dankie vir jou terugvoer, dit word opreg waardeer hoe wel dit wat jy in jou eerste skrif geskryf het net geensins van pas was sonder dat jy eers ‘n benul het of die saak ooit werklik was…weereens jy is geregtig op jou persoonlike en eerlike opinie, maar Om eerlik te vra, het jy ‘n benul rondom die vorige saak?

Beste en vriendelike groete.

Danielle ·

Draai die rolle bietjie om. Laat die boer Julius slegse omdat hy durf aandring op flinke diens. Waar sou die saak nou al gedraai het?

Lynette ·

Die eerste fisiese kontak is gemaak deur die heer Julius deur die man op die rug te klap. Glo my indien hy dit met my man gedoen het het hy gele want jy tik hom glad nie op sy rug nie. Daarna nadat die man dan nou wel vir homself opstaan is daar ‘n hele spul swart mans rondom die heer Julius. So die man word reeds geintimideer deur die getal rondom hom en dit meneer Jaco is wat in hierdie land gebeur . Ons word geintimideer deur die getalle rondom ons en jy het alreed die fetale posisie ingeneem en gese loop oor my. Swak diens is oral gaan maar net na ‘n bank toe of die omtrent nie bestaande poskantoor. Waar is die bestuurder van die plek maar hy is seker ook swart en wou dus nie dat die mede swart volk hom ook intimideer nie so hy het seker toe in die kombuis gaan weg kruip. Het jy gesien hoe lag die spul vir hierdie man ek sou daardie kos in sy gesig gesmyt het.

Liesel ·

Waarom het steers so lank gevat met hulp, die dame moes n kasier vrae vir hulp, en toe wag hul nog meer as 15 min vir twee burgers, dit was dan nie eers so besig, hoop hul le n klagte teen daai steers ook. Ek sou nie eers die kos gevat het, sou eerder aandring op my geld terug, malema is n kind, hy moet so nou en dan uit sy kot klim omrede hy al sy speelgoed uitgooi..

Andre van Aswegen ·

Nee wat….hy sal nie weer die lig sien vir a lng tyd as hy so aan my kom tik en stamp nie…..hulle sal vir hom in n paar sale moet gaan kuier.

Lourens ·

Dit was nie op die 6de Augustus nie, die 6de was die jaar op n Woensdag, dit het op n sondag die 8ste Junie gebeur. in die hoek van die video kan mens sien die datum is “06-08-2014 SUN”

Nico Strydom ·

Dagsê Lourens
Baie dankie die wysiging is aangebring. Die datum is verkeerdelik deurgegee.
Vriendelike groete
Nico Strydom

snel ·

Ek moet sê, Jaco van den Berg, hier stem ek met Jay saam. Hoekom kan ons nie ons volk ondersteun en agter hulle staan nie? Hoeveel keer was van ons nie al vals beskuldig oor rasisme nie? Niks wat daai ou vir Malema kon sê is erger as die goed wat hy al oor ons blankes gesê het nie. Of daai ou reg of verkeerd is, hy is my “blanke broer” ek staan agter hom. Hoop AfriForum rook vir Malema en daai klomp trawante van hom wat met hulle grin gesiggies daar gestaan het, hulle was mos opstokers tot die situasie.

Michelle ·

hierdie video is wat fout is met die land. ja, ons kan kla en onsself jammer kry want ons is wit mense en ons kry die kortste end van die stokkie, maar Julius het niks verkeerd gedoen nie (wel, nie so erg soos die opskrif klink nie). glo my, ek hou niks van hom, maar hierdie is ‘n rasistiese boere vereniging “kry die arme wit man jammer” video en dit moet nou net stop. hoe moet ons verwag dat swart mense moet vergewe en vergeet as ons nie dieselfde kan doen nie? dis ook nie lekker om videos te sien van “poor sipho, bad white boer, kill the boer”, maar iemand moet die regte ding doen en die groter person wees en sê ‘laat dit net verby wees’. maar nee. dit sal nooit verby wees nie. p.s. ek het niks teen boere, my pa is ‘n boer :)

Anton ·

Ja Michelle tot jou Pa dood gemaak word of jou kind word aangerand deur N “JULIAS” dan praat ons weer! Hoekom moet ons altyd weg loop!

lewies dippenaar ·

Nice malema wie is nou die rasiste ??? clown dis al wat jy is hoekom gaan bly jy nie by jou oom Bob nie da kan jy maak soos jy wil wens daai ou hom sommer hard op sy gat gesit het !

Michiel Erasmus ·

parasiete soos Malema kan niks. net soos in die film Waterworld, hy hang ‘n wortel voor die neus van sy kudde. En dan begin hulle te roei, maar waarheen?

jean ·

Hy is pateet en sal een bly..hy toon geen respek vir enige iemand behalwe vir homself en hy bly n rasis..maak nie saak wat hy wil voorgee nie..ek hoop iemand kom hom by!

Kobus ·

Kan iemand my asseblief vertel, of ‘n koppel gee na waar ek hierdie berig en hierdie video op een van Media24 se Afrikaanse koerante se webwerwe (Netwerk24) kan sien?

Hulle was baie vinnig om sekere van hul rubriekskrywers se skrywes, soos per die “contraband” liberalisme kommentaar deur Herman Toerien in Maroelamedia uitgelig, te plaas.

Kobus ·

Kan iemand my asseblief vertel, of ‘n koppel gee na waar ek hierdie berig en hierdie video op een van Media24 se Afrikaanse koerante se webwerwe (Netwerk24) kan sien?

Hulle was baie vinnig om sekere van hul rubriekskrywers se skrywes, soos per die “contraband” liberalisme kommentaar deur Herman Toerien in Maroelamedia uitgelig, te plaas.

Bennie Braaivleis ·

Dit is meer belaglik vir my hoe lank hulle moes wag vir hulle kos.

Earlton ·

Daai twee manne wat so opstaan vir Malema is gerook, julle 2 kyk eers wie le onder jou bed voor jy sulke aanmerkings maak, julle is skaamteloos

Yolande ·

Dit is glad nie wat n “leier” behels nie! Meskien n leier vir n gang!

Patat ·

Die volk het afvallig geword, toe gee God ons oor aan ‘n ander nasie wat ons verdruk, bespot en vermoor.
As ek die kommentaar so lees, dan is ons nog ver van uitredding.

Pieter Swart ·

Die waarheid bly dat blanke Suid Afrikaners sleg deurloop en dan is daar die gene wat dit in hul argimente ontken. Die man het nie moeilikheid gesoek nie, hy het sy kos gesoek. BEE lid agter die toonbank is n ou jammer kry werkie gegee want dit kan vir dit self niks uitrig nie so die saamgestelde witskuld tipes (collective white guilt liberalists) het gese dat hulle nie hoef te presteer nie, net swart wees en alles sal verniet kom. Die idiote wat dink dat dinge gaan verbeter omdat hulle liberaal is, is besope. Daar is geen demokrasie in die nuwe Suid Afrika nie en rasisme is nou sterker as ooit met die geweld wat teen die minderheid uitgedien word asof daar geen more is nie. Ek was altyd trots op my land, maar is nou net lief vir die land en kan die mense se slapgatgyt nie meer verdra nie. So vir die gene wat wil weet hoe om n verskil te begin maak, [email protected]

Pierre B. de Villiers ·

Hierdie storie het twee kante, dit is baie duidelik!! Wanneer ek hierdie video stadig ontleed kom ek tot ander insigte. Ek ‘kry die indruk’ dat die blanke man nie lekker by was nie.
Daar gaan `n teenaanklag van rassisme wees. Waarom het hy nie weggestap nie? Nee wat, ek het my perspektief.

monique ·

Heel duidelik was daar ñ issue as sy vrou hom geroep het…..duidelik sienbaar op die video. Julle mense wat die trawante so wil beskerm is heel duidelik baie blerrie lig in die broek. Wonder wat jy sou doen as jy in die situasie was….of nee wag ek weet….sorry meneer malema ek sal nie weer nie meneer malema and while you at it meneer malema doen wat jy wil en se wat jy wil ek staan agter jou meneer malema. Slapgat is nie eens die woord nie!

A Rennie ·

Moeilik om ‘n opinie te gee aangesien mens nie klank het nie. Maar ja, die optrede is kinderagtig, dis soos om 18jr oud weer te wees en ‘n fight te gaan soek waar daar nie een is nie. En die die ander wat almal rondstaan en saam wil vloek en stamp, hulle is net so laag. Tyd laat die mense gaan vir anger management.

ellie ·

Ja ek dink hy nou genoeg ons land se naam geruk geen ontsag of respek vir sy land regering of ander mense nie. Tyd dat hy goed en hard in die bek geruk word

ellie ·

Ja ek dink hy nou genoeg ons land se naam geruk geen ontsag of respek vir sy land regering of ander mense nie. Tyd dat hy goed en hard in die bek geruk word

karl ·

Nee DAAR is niks reg aan wat malema gedoen het nie. Hyt niks met die saak te doen ni maar hy meng in. En dan vat hy di man aan. Nadat sy vrou/girl daar vir hoe lank gestaan het en wag vir hul kos. En hom dan half uit stoot by die deur. Ek sou netso kwaad gerak het.

Christo ·

Net soos die S A nou in vlam is, geen leierskap nie, geen respek vir die mede mens en die Gp registasie nommer plate kan nog steeds nie in die dorpe in S A normaal ry nie, hulle dink Gp nommer plate staan vir ( Gee Pad). Nope!!!!! Gereg gaan toeneem en ons staats amptenare gaan swaar kry.

Rusty ·

Die man was deur geen ander persoon as Julius Malema aangerand ni. Julius en sy kollegas het die man rond gestamp en uit gestoot uit die publieke steers restaurant. J.M het hom heel waarskynlik n paar keer gevloek net omdat die jong man die restaurant werker se aandag te kry en te vra waar sy voedsel is, ongeag het J.M gekom met hom begin tik, vloek en rond gestamp. Suid-Afrika inwoners kan nie sulke leiers he wat dink hulle is bo die ander mense nie. Daarom moet Julius gestraf word net soos die regters die misdadigers straf. Almal is op die selfde vlak niemand is op n hoer vlak nie. Ek kies nie kante ni. Ek se nie die jong man is reg nie maar die bewyse is daar. Ek stem saam met die verdedigers. Die blanke is reg. As ons skaars n vinger vir n “ni blanke” wys dan is ons rasiste maar hulle kan vir ons blankes vingers gooi en vloek? Dit is on aanvaarbaar.

Lynni ·

Dis maar 2 klein burgers. Daai goedjies kan mens mos ni volmaak ni. Se nou mens kla en hul spoeg in jou kos. Enigiets is moontlik in di land. (Burger King is flippen lekker)

Kobus ·

Ek sien Netwerk24 se opskrif van die berig lui: Rasherrie: ‘Boer’ ontken rassisme.

Nou vra ek, hoekom nie byvoorbeeld: ‘Julius ontken rassisme’ nie?

Fyn woordspeling is gekies dat ‘n mens die ‘boer’ en ‘rassisme’ raaksien, al is die ontkennende woord ook ingespan. Daar moet erns ‘n steek ingekry word.

Lucinda van Schalkwyk ·

Jaco van den Berg!!! Word wakker uit jou koma!!! As jy mooi opgelet het sou jy sien dat sy vrou – wat die enigste wit persoon op daai stadium en sy het haar man geroep – en as jy werklik ‘n man is sou jy ook opgestaan het vir jou vrou. Mense wat soos jy redeneer gaan nog jou EIE ondergang bewerkstellig. Jy moet wakker word my ou!!!!

zuretha ·

En die wat wil sê die hele episode word opgeblaas, vergeet dat dit in die eerste plek ‘n vrou was – let wel, ‘n BETALENDE kliënt – wat nie die diens gekry het waarvoor sy betaal het nie, by ‘n landswyed baie bekende wegneemete onderneming – wat haar man om hulp geroep het, want sy het in die eerste plek alreeds geintimiteerd en onveilig gevoel!
Ek is eendag beroof en ‘n “o so slim man” het ook vir my gesê”dis nie so erg nie” en “jy moes net dit en dat gedoen het” – die man is toe self ‘n paar weke later beroof en het hy nie agterna ‘n HEEEEEL ANDER WYSIE GESING AS DIE EEN WAT HY VIR MY GESING HET NIE!!!
Ek verwag dat mense soos dié Jaco en sy “spanmaats”, sal nog ‘n dag beleef soos die en dan sal ek graag wil hoor watter deuntjie hulle sing…. As jy NIE uit ondervinding kan praat nie – hou jou mond!!

enna burger ·

AS BOER WORD ALLE BLANKES + ANDER MOS BELEDIG, SO DAN KAN ONS HULLE NOEM WAT ONS WIL. MAAR ONS IS NIE SO GROOT GEMAAK NIE. DAAR IS RESPEK. WATSE SE VOORBEELD STEL MALEMA. SIES HY IS VAN DIE WAT MAAK DAT RASSISME AL EWIG OP KOM. DIE GEMORS MOET VERBAN WORD. WAT SY WAGTERS WEG, SOMMER ALMAL S’N, WAT DINK HY IS HY BETER AS ENIGE ANDER PERSOON.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.