Video: Plaasaanvallers skiet pa dood wat gesin wou beskerm

'n Trapfietsie staan verlate by wyle Das Venter se plaashuis.

‘n Trapfietsie staan verlate by wyle Das Venter se Dplaashuis.

Die video volg onderaan die berig.

Die boere van die Cullinan-omgewing, oos van Pretoria, leef in vrees nadat een van hulle bure in ‘n tweede plaasaanval binne een week vermoor is. Das Venter wou homself en sy gesin beskerm teen vier inbrekers toe hy ses keer geskiet is.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rentia ·

Tipiese gedrag van lafaards. Kom nie een alleen nie, maar sommer 4.
Alvorens die doodstraf nie weer heringestel word nie, gaan die moord op die blanke nie stop nie, dit raak net doodeenvoudig erger.

Louise ·

Daar sal vinnig iets gedoen moet word. BRING die DOODSTRAF terug. Niks anders sal werk nie.

Nicoline Griffiths ·

Ons is omstreeks 03:30 op 4 Aug ’13 deur 3 swart gewapende mans in ons huis oorrompel. Hulle het die sekuriteitsdeur asook die voorseur amper uit die muur geruk. Ek het eers wakker geword toe die 1 man my selfoon langs my op die bedkassie gevat het. Ek het my man met die agter kant van my hand deur die gesig gestamp toe ek regop kom om hom wakker te maak. Ons oudste seun wat 14 was het agter die 3de rower gestaan met my pa se windbuks is sy hande. Ek het hulle gesê hy staan agter hulle en gevra dat ons ander seun van 13 asb wakker gemaak moet word. Ons oudste seun is gestamp sodat hy by ons op di bed val. Die jonsgte 1 is deur die rowers uit die bed gepluk, deur die gesig geklap en op ons bed gegooi. Daarna het hulle vuurwapens, geld en juwele geeis. Ons het gejok oor die vuurwapen want dit was gelukkig nie in die kluis nie maar al ons juwele wat in die kluis was is gesteel, so ook die tafel rekenaar en ons albei se skootrekenaars, R2500 kontant, die seuns se Xbox’e en hi-fi’s. Hulle het Ralph beveel om die garage, wat hulle reeds probeer oopbreek het, oop te maak. Gelukkig was hulle te vertrag om die Renault wat met ‘n kaart werk te steel, maar het hom goed opgeneuk. Hulle het egter die corsa bakkie geneem. Terwyl 1 die goed op die bakkie gelaai het, het die ander 2 ons gedreig. Hulle het deur ons laaie en my kas gegaan en 1 skoenveter uitgetrek. Ek het geglo dat hulle ons 1 vir 1 gaan verwurg. Die 1 het hierdie 2 kom aanjaag en die “chief in charge” het my ann die arm gepluk. Tylo, ons oudste het hom stip in di oë gekyk en net gesê: Leave my mom! Hy het my sowaar gelos en wou ons in die kamer toesluit maar daar was gelukkig nie ‘n sleutel ni. Toe ons nie meer die bakkie se dreuning gehoor ht nie het ons uit die huis gesluip en met groot moeite die Renault aan di gang gekry. Vriende van ons woon so ‘n km af in dieselfde straat en kry die mynbussie om 03:30 elke oggend. Die rowers het by hom verby gery en hy het so ewe gegroet want hy het aangeneem Ralph het ‘n vergadering in Jhb. Ek kan net die Here dank vir die kalmte wat Hy ons gegee het, niemand was histeries nie, behalwe Kyle het gegil toe hy deur die gesig geslaan is en ek het net geskree dat hy moet ophou skree, ons is fine! Na amper 8 maanbde word ek nog feitlik elke nag op 02:45 wakker uiit vrees vir wat dalk kan gebeur. Di 1ste paar aande was ek te bang om te gaan slaap. Ek weet nie rerig of ek eerder banger was oor die manier waarop ek wakker gaan word of die vrees om te gaan slaap nie.
Niemand by ons is beseer nie, net ‘n paar blou kolle maar my hart gaan uit na hierdie arme mense. Ons ken die vrees om die dood om jou te voel al het ons dit nie beleef nie. My innige simpatie met die gesin en naasbestandes. Dis nie ‘n maklike pad nie, veral as daar soveel geweld was nie. Ek hoop net julle kan julle vrees om te leef oorwin!

Tian ·

Ek so moeg vir die parasiete en die grap is, niks gaan verbeter solank hulla aanbewind is nie. Gaan net erger en erger word. Gevoelose, ongemanierde, 1 sellige IK diere.

Bushy ·

Dis so jammer, en ek bid vir die families. Die wereld staan nou op 7,3miljard mense, en ek hoor dat teen 2075 dit oor die 9miljard gaan wees. Hierdie feit alleen beteken dat ons nie meer ‘n keuse het nie – ons moet die doodsvonnis terug bring, want die desperaate mense gaan net meer word, en erger dinge doen net om te kan eet / dwelms gebruik.
Dan ook, Suid Afrikaners moet terugkeer God toe – Hy’t ons by Bloedrivier gehelp en hy sal dit weer doen, maar ons moet, as ‘n nasie, saam staan en glo dat Hy ons verlosser is. Dis nie oor watter ras ons is nie, dis nou oor wie wetsgehoorsaamd is en die wat nie respek het vir ander lewens het nie. Ons moet, en kan, saam staan teen hierdie bose gebeurtenisse in ons Vaderland, Suid Afrika. Here, wees asseblief genadig.

elli meyer ·

Ons kan net tot Vader GOD bid en bely, dat ons lewe nie altyd in SY wil is nie. Die onsinnigste moorede met 6 skote in Das se liggaam is nie van hongerte nie, maar ANC gedrewe bose moordenaars, wat die doodstraf moet kry. Ek dink altyd aan die geliefdes wat agterbly en wat word van hulle, as die broodwinner sterf. Mag GOD se vrede baie diep in hulle lewens teenwoordig wees, en dag vir dag voortgaan met daaglikse take, wat nie altyd hulle keuse is nie.

Johan ·

Dit is hartseer dat die stasiebevelvoerder van die Cullinan SAPD nie die gemeenskap dien wat haar salaris betaal nie. Dit is jammer dat Godvresende mense, nederige en hardwerkende mense soos Das sy lewe moes gee deels omdat die Stasiebevelvoerder klaarblyklik nie die vermoe het om misdaad strategiee in haar stasiewyk te kan implementeer nie. Haar afwesigheid tydens die optog na die Polisiekantoor is ‘n skande. Dit is ‘n duidelike teken van die minagting waarmee sy die gemeenskap benader vir wie sy veronderstel is om te dien. Dankie aan die ondersoekbeampte wat ten spyte daarvan dat sy Stasiebelboerder geen middele vir hom gee om sy werk te kan doen nie, steeds sy bes doen. Rus sag Das. Ons gaan jou baie mis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.