Video: Vrou in meenthuiskompleks aangerand

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

WAARSKUWING: Die video bevat gewelddadige tonele wat moontlik kinders of sensitiewe kykers kan ontstel.

ʼn Skokkende video van ʼn aanval op ʼn jong vrou in ʼn veiligheidskompleks wat glo in Killarney, Johannesburg plaasgevind het, het sosiale media aan die gons.

Die video is Woensdag deur die gebruiker garyvdh op YouTube gelaai en is Donderdag meer as 20 000 keer gekyk.

Die video is met ʼn videokamera of selfoon geneem van kringtelevisiebeeldmateriaal by die kompleks. Die datum van die voorval is nie duidelik sigbaar nie. Dit wil voorkom of dit op 21 Oktober 2014 plaasgevind het.

Dit wys hoe twee mans by die kompleks instorm en na die slagoffer se motor hardloop. Die vrou probeer by die kompleks uitry en word by die hek deur die mans uit haar motor gepluk, waarna hulle ʼn tou om haar nek sit en haar aanhoudend skop en slaan. Die video stop by 01:16 terwyl die mans steeds besig is om die vrou aan te rand.

Meer inligting oor die aanval en die vrou se toestand is nog nie bekend nie. Maroela Media het die video aan die plaaslike polisie gestuur en wag nog vir terugvoer. Die polisie kon nie onmiddellik bevestig of ʼn voorval wat die beskrywing pas onlangs daar aangemeld is nie.

  • Lesers wat meer inligting oor die voorval het, word versoek om ʼn e-pos na Maroela Media te stuur by [email protected]

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Leeutjie ·

En die ander kar wat alles aanskou het? Hoekom nie probeer help nie? Druk die hoeter en maak alarm of was hulle deel van die rooftog? Sjoe, dis ontstellend!

Riaan ·

En daai ander ou ry net weg?!?!?! Stamp die barbare met jou kar man! Stamp haar kar, ek is seker sy sal nie vir jou kwaad wees nie. Maar om weg te jaag? Swak.

jodi ·

wie is die laffaard in die kar wat agter uit ry?kon niemand die vrou help nie

Kopswaai ·

Julle is baie slim, Weet nie wie was in daardie motor nie maar ek gee met graagte die motor voor ek my lewe gee. hulle get gewere. Daar is niks wat jy kan doen op `n afstand sonder `n geweer nie. Al blaas jy die hooter gaan dit niks help nie.

Patat ·

Ja Kopswaai, tot dit met jòù gebeur, dan bid jy dat die toeskouers ènige iets probeer om jou te help! Jy is ‘n lafhard!

Leeutjie ·

Kopswaai as jy langs ‘n swembad staan en iemand verdrink, gaan jy omdraai en loop?

Patat ·

Sê my Zelda la Grange, is dit geregverdig dat ons absoluut woedend word met sulke gevalle, of is dit geregverdig dat die twee ….. (ek weet nie wat om hulle te noem nie) ‘n weerlose vrou so aanrand! Komaan, sê ons tog!!! Jy wat hoog en droog in veiligheid sit!! Het jy ènige deernis vir jou eie velkleur, of strek dit net tot by jouself?

Marieka ·

Ja nee die een in die kar werk seker saam met die ander barbare dis hoekom hy nie help. Die Here sien jul wie laste lag lag lekkerder

ekke ·

so baie vrae om te vra, hoekom het sy gestop, hoekomhet sy nie haar ruit toe gemaak nie, hoekom was haar deur nie gesluit nie, was daar ‘n hek, en as daar een was hoekom het die persoon in die audie nie die verdomde hek oop gemaak of as daar ‘n kar voor was dit weg gestamp nie. hoe kan ‘n mens toekyk dat ‘n mens so voor jou oe aan gerand word. ek hoop daai persoon slaap rustig. daar is wel nie baie wat ‘n mens kan doen nie as daar ‘n pistol op jou gerug word nie, maar come on jy probeer help maak nie saak van ras of geslag.

Deirdre ·

Dis tyd dat mense hulself begin beskerm, observeer en terug veg, ek doen Krav Maga, dit het my die vermoe gegee om myself te beveilig, mense moet begin besef dat hulle hoef die die slagoffer te wees nie! Dit het my lewe verander! Besoek die fb blad Righteous Warrior, en kom join ons vir n gratis demo!! Hoop die dame herstel spoedig! En ek hoop ook dat daai barbare(mag nie se wat ek hulle regtig wil noem nie!) tot n gruwelike einde sal kom!

Susan ·

Wat van die ander voertuig?Almal het selfone,kon hul nie hulp ontbied het nie?Of was hul ook saam betrokke?Wat het geword van omgee vir jou medemens?Dis skokkend!

Gerald ·

yeslike dis nt snaaks dat dai ouens verby di ane kar haloep reguit na haar toe die person ini ane kar is saam in die ding zoom die reg no in en ondervrae dearer mis-maksel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.