Vier saam met PG du Plessis sy 80ste verjaarsdag!

PG du Plessis‘n Reeks video’s oor PG du Plessis en ‘n storie uit ‘n episode van ‘Spies en Plessie – met permissie’ volg onderaan die berig.

ʼn Spesiale verjaarsdagkonsert word in Julie by die Atterbury Teater in Pretoria gehou om die legendariese skrywer, PG du Plessis, se 80ste verjaarsdag te vier.

Alexa Strachan wat aan die stuur van die produksie staan, sê iemand soos Du Plessis moet vereer word. “Mense gebruik die woord ‘ikoon’ nogal maklik, maar ek dink dié woord kan gebruik word wanneer PG du Plessis ter sprake is,” vertel Strachan.

Sandra Prinsloo en Marius Weyers het die karakters Jakes en Tiemie in Du Plessis se Siener in die Suburbs vertolk en sal tydens die konsert weer ʼn verskyning op die verhoog maak. Christo Davids, bekend vir sy rol as Errol in die sepie 7de Laan, is in 2015 te sien in die nuwe weergawe van Siener in die Suburbs en sal ook die aand ʼn draai op die verhoog maak. Anna Davel en Strachan, en Elize Cawood, Deon Lotz en Frank Opperman van sy nuwe televisiereeks Pandjieswinkelstories, kom vier saam verjaarsdag.

Maak seker jy koop jou kaartjie vir dié eenmalige vertoning op 14 Julie by die Atterbury Teater in Pretoria. Kaartjies is teen R200 en R250 beskikbaar by Computicket.

Maroela Media het onlangs by Du Plessis op sy plaas gaan kuier. Ons het onder andere oor sy loopbaan en die kuns van storievertel gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Baie geluk oom P.G. Mag daar nog vele lentebriessies jou heresfjare opvrolik.

George Fawdry ·

Alhoewel te laat, veels geluk met 80st verjaarsdag.
‘n Heel paar jaar terug het P.G. ‘n reeks opTV gehad waar hy Afrikaansspreekendes reg oor die land en self Patagonia besoek het om die plaaslike ‘dialek’ van Afrikaans te hoor. Soos ek dit verstaan het was die doel om die manier van spraak te vorder as ‘n dialek van Afrikaans wat die taal sodoende verryk. Ek wil graag die reeks weer is. Is dit nog beskikbaar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.