Lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, het gesê die bankroof het Vrydag plaasgevind. “Die polisie het na beeldmateriaal van kringtelevisiekameras gekyk waarna die twee klerke, wat in die bank was tydens die rooftog, in hegtenis geneem is.”
Fatyela het gesê nog twee mense is later in Mgobozana in hegtenis geneem en dat daar R1,2 miljoen teruggevind is. Die polisie het ook op ʼn vuurwapen beslag gelê wat vermoedelik tydens die rooftog gebruik is.
Volgens Fatyela vermoed hulle dat daar meer as R1,2 miljoen gesteel is. Die vier verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Baie geluk met julle nuwe opgradering. dis sommer ‘n wenner!
geseende kersfees aan al die personeel!
Sonja