Vodacom blameer sagteware-fout

vodacomVodacom het Vrydag gesê dat hy ʼn sagteware-fout reggestel het wat daartoe gelei het dat van sy intekenaars se persoonlike inligting aan derdepartye verskaf is.

Richard Boorman, woordvoerder van Vodacom, het gesê die selfoonnetwerk het onlangs ‘n sagteware-opdatering gedoen ten einde veiligheid te verbeter op sekere inkoopdienste en fasiliteite sodat kliënte aankope kan doen en dit by hulle selfoonrekening kan voeg.

“In die spesifieke geval het ons die selfoonnommer aan die toepassingswinkel of diensverskaffer voorsien sodat daar ʼn fooi gehef kon word vir die diens. ʼn Fout is geïdentifiseer in die spesifieke opdatering wat tot gevolg gehad het dat die selfoonnommer en selfoon se unieke identifiseringsnommer sporadies sigbaar was aan ander webtuistes,” het Boorman gesê.

Volgens Boorman het Vodacom onmiddellik die opdatering omgeswaai nadat die probleem onder hulle aandag gekom het en werk hulle tans aan ʼn oplossing. “Ons neem die privaatheid van ons kliënte baie ernstig op en is besig om ʼn uitgebreide antwoord saam te stel ten einde te verseker dat so iets nooit weer gebeur nie,” het hy gesê.

“Ek kan bevestig dat Vodacom nie kliënte se inligting aan derdepartye verkoop nie en nooit persoonlike inligting soos kliënte se name, rekeningbesonderhede of enige ander inligting bekend maak nie,” het Boorman gesê.

Lees ook:
Vodacom gee glo kliënte se inligting uit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Davedd ·

Ek dink Boorman boor kliënte met sy stories.
Ek word gespam deur inligting wat bewustelik uitgegee word vanaf die beheersentrum vanaf my Internet Provider.
Terwyl ek hierdie skryf SPAM Telkom my.

Gerrie Leipoldt ·

Een van Vodacom se winkels het sonder my toestemming ‘n “upgrade” gedoen. Ek het alles probeer om Vodacom sover te kry om my kontrak weer reg te maak en my geld terug te betaal maar kry geen positiewe hulp van hulle nie. Was al selfs by Voda Word en ook niks. Seker ook die sagteware se skuld as hulle befrog pleeg.

Francois ·

Yeah Vodacom. Ons ALMAL glo julle dat dit nou skielik is ‘n sagtewrare fout is – wat ‘n grap! Hoekom baie jare terug al nie toe tegnologie EN sukuriteit nie so goed was soos nou nie?

Andre ·

Ek kan vir die res van my lewe gratis vakansie hou met al die “gelukkige” trekkings en “gratis” aandele ens. Wat ek al “gewen” het. Waar ek eers respekvol met die arme operateurs gepraat het is ek nou blatant ongeskik. Hulle doen aanbiedings sonder enige gekwalifiseerde informasie en ek is nou g**vol !

Sollie ·

@Andre – jip, sien ek ‘n Private Number op my foon antwoord ek nie eers. Ek he tmos die “voicemail” fasiliteit en as dit iemand is wat my regtig soek kan hulle ‘n boodskap los en ek sal, indien nodig terugebl. Andersins tel ek op en sit dadelik neer – laat hulle betaal vir elke liewe oproep – as hulle my wil pla met twak, laat hulle betaal daarvoor. Maar hul weet ook al en nou bel hul wel baie keer met ‘n nommer wat wys. Ek glo nie jy kan ongeskikter wees as ek nie, as hulle eers kom met “how are you” dan sit ek klaar neer. As hulle nog dink hulle begin praat oor wonderlike aanbiedings en goed, sit ek neer. Ek was ook heel ordentlik in die verlede maar as hulle ‘n “gap” kry ou matie, jy kry hulle nie gestop nie, hulle rammel alles af en jy kry nie ‘n woord in nie so ek sit maar net neer, help nie mens sê jy stel nie belang of het reeds so ‘n produk of is gelukkig met wat jy het, hulle HOOR nie. So nou voel ek, hul kry betaling vir daardie werk, so “it comes with the job” en moet maar vat wat hulle kry. As hulle voel hul word sleg behandel – wel kry ‘n ander werk, jammer vir jou!

Patat ·

Weet jy wat werk beter, Sollie? Antwoord, en sit die foon eenkant neer. Hy sal wel so oor ‘n paar minute agterkom hy praat met homself.

Elizabeth ·

@Patat – nog beter: so hele paar jaar gelede was daar ‘n epos wat die rondte gedoen het oor sulke peste. Met allerhande raad oor hoe om so persoon so erg te iriteer en sy/haar tyd te mors – dit was skreeusnaaks! Byvoorbeeld jy sê vir die ou “waarvandaan bel jy” en sê hy dan, dan val jy hom weer in die rede en sê “spel die naam van jou firma” terwyl jy dit dan stadig (asof jy dit neerskryf herhaal) en dan stop jy hom weer en sê wag net gou, jou pe se ink is op jy soek net gou ‘n nuwe een en dan laat jy hom wag. As hy nog nie dan neergesit het nie, dan vra jy hom “stupid” vrae soos hoe is die weer daar by hom ens ens – jy kan DINK. Of gesels bietjie oor jou troeteldiere! Dit was ‘n lys van goed wat jy kan doen en vra en op die ou einde maak jy hom so gek HY sit die foon neer haha! Maar ja, wie het nou tyd vir dit… Maar dit was regtig skreeusnaaks en saamgestel deur iemand wat natuurlik al so geiriteerd was met sulke tydmorsoproepe en toe gedink het wat kan hy aan so iemand doen om hom ook te iriteer. En die firma moet natuurlik vir ‘n laaaang oproep betaal…

bernard ·

die vodacom internetseine gee my die afgelope jaar baie probleme! Die internet werk nie lekker nie en die sein raak elke dag weg!

Elizabeth ·

Ja-nee, hoe lui die gesegde nou weer? O ja, ” ..’n dood het ‘n oorsaak”. Jammer Vodacom, hierdie is ‘n patetiese “rede” en jul beledig eintlik ons inteligensie deur sulke snert aan ons te probeer verkoop. Natuurlik werk daar mense wat persoonlike inligting sal verkoop – julle moet maar bietjie jul wekers dalk beter monitor!

Gerrit ·

Ek kry weer gedurig `n sms vir “missed calls” op my internet dongle.

WTF ? Niemand weet wat my internet sim nommer is nie en dit word ook nie aangedui op my epos program nie.

Ek het al gewonder of Pep Stores waar al my simkaarte ge-RICA`d was, nie ook betrokke is by die uitgee van inligting nie,maar nou lyk dit of Vodacom alleen te blameer is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.