Voetganger sterf in gru-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voetganger is dood nadat twee motors hom in Bloemfontein in die Vrystaat getref het en sy liggaam in stukke geskeur is.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die ongeluk Maandagaand in Abrahamskraalweg plaasgevind. Paramedici het met hul aankoms op die toneel die man se verminkte liggaam in die middel van die pad aangetref.

“Die man het ongelukkig reeds aan sy beserings beswyk,” het hy gesê. “Al twee motors se bestuurders het gesê hulle het nie die man in die pad gesien toe hy die straat probeer oorsteek het nie.” Die bestuurders is nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.