Vrou (62) in huis vermoor

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bejaarde vrou is in haar huis in Lenasia, suid van Johannesburg, vermoor.

Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou het saam met haar seun en sy vrou gewoon. Volgens Makhubela is die seun en sy vrou die oggend werk toe en het hulle omstreeks 18:00 met hul terugkeer gesien die traliehek is gebreek.

“Hulle het die bejaarde vrou in een van die kamers gevind. Sy is verwurg.” Volgens Makhubela was die huis deurmekaar en het die aanvallers met verskeie elektriese toerusting gevlug. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en moord. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gina Slabbert ·

Dis maar net nog n moord. Waar die polisie weer gaan sê daar is geen lei drade nie. Net nog n wit vrou wat vermoor is. Ek dink aan die familie wat agter bly en hul trauma wat hul sekerlik nooit sal vergeet nie. Mense ons moet begin om bymekaar te staan. Sterkte da

Sonette ·

Baie oningeligte kommentaar oor wit vrou – Lenasia is ‘n woonbuurt vir Indiers – My meegevoel met die familie.

Elize ·

Maak dit soveel saak wat die kleur van die vrou is? Dis n lewe wat geneem is, deur gevoellose, gewetenlose, veragterlike misdadigers!

CHRISTA ·

95% van ons nuus is net MOORD, poging tot MOORD, BEDROG, VERKRAGTING!!! Waar gaan dit ophou!

Willie ·

President Zuma,
Ons land is n moord staat.in die staat word ons bevolking,swart
wit bruin en indiers soos vliee vermoor.Die land wat u president van is.U president het geen oplossings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.