Vrou, baba deur weerlig gedood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou en haar ses maande oue baba is dood nadat hulle deur weerlig getref is in KwaZulu-Natal.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die vrou en haar baba is Saterdagaand in Mphondi naby Nqutu deur die weerlig doodgeslaan.

Volgens McKenzie is ʼn 28-jarige man en sy vierjarige dogter beseer nadat hulle vroeër Saterdag ook in dieselfde area deur weerlig getref is. ʼn 28-jarige vrou, 12-jarige seun en vyfjarige meisie is ernstig beseer nadat hulle ook deur weerlig getref is.

Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na die Nquthu-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.