Vrou eis na plafon op haar val

Argieffoto: Wikipedia

Argieffoto: Wikipedia

ʼn Sekretaresse van Bloemfontein eis meer as R470 000 in skadevergoeding nadat ‘n plafon by haar werkplek ineengestort en op haar geval het, het Netwerk24 Woensdag berig.

Nicolette Blaauw (38) het ʼn ernstige skouerbesering opgedoen toe die plafon op 28 Maart op haar geval het. Blaauw voer in hofdokumente aan dat sy baie pyn ervaar en dat dit intussen na haar nek versprei het. Volgens Blaauw sukkel sy selfs om haar hare met haar regterhand te kam.

Die eis sluit R23 000 vir mediese onkostes, R150 000 vir gedeeltelike ongeskiktheid en R300 000 vir algemene skade in. Volgens Blaauw was werkers by die Mediclinic waar sy gewerk het nalatig, aangesien hulle nie die nodige instandhoudingswerk gedoen het nie.

Mediclinic ontken die bewerings en meen Exeter Developments, wat die instandhouding van die spesifieke kantoor gedoen het, moet die blaam dra. Exeter Developments ontken intussen ook enige nalatigheid.
Blaauw het intussen ook ʼn eis ingedien teen die kontrakteur.

Netwerk24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ig ·

Ek wonder of dit n bbe kontrakteur was? Wie dit ookal is , weet seker nie dat jy vir R150 rand n maand n Miljoen rand aanspreeklikheid versekering kan koop wat eintlik n moet is want jy werk met mense en mense maak foute.

Anton ·

Ek het dalk slegte nuus vir die eiser en haar regspan. In SA word dit uitddruklik verbied (in wetgewing) dat ‘n werknemer skadevergoeding mag eis teen hy/sy werkgewer vir skade as gevolg van ‘n besering wat by die werk plek plaasgvind het. Die eiser kan haar slegs beroep op die ongevalle kommisaris en dan ook net beperkte verligting!
Hierdie beginsel is reeds in die grondwetlike hof getoets en daar is “uitgewysde sake” wat dit sal bevestig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.