Vrou in hof ná gevangenes ontsnap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn vuurwapen in die hof ingesmokkel het om gevangenes te help ontsnap, het Maandag in die landdroshof in Mthatha verskyn.

“Aviziwe Bila (27) het in September glo die gelaaide vuurwapen in ʼn asblik by die hooggeregshof in Mthatha geplaas,” het lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê.

Twee gevangenes is doodgeskiet toe een van hulle die vuurwapen uit die asblik gehaal en in die hof losgebrand het, in ʼn poging om te ontsnap. Beamptes van korrektiewe dienste het teruggeskiet en een van die oortreders kon ʼn beampte van sy wapen ontneem. Een van die beamptes is in die been getref.

Bila moet op 26 Januarie weer in die hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor Mthatha op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Simon Marais ·

Eenvoudige maatreels kon die vernedering verhoed het. Hoe kom enige iemand in die Hooggeregshof in met ‘n vuurwapen?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.