Vrou in hof oor ontsnappingspoging

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn vuurwapen by ʼn hof ingesmokkel het om twee gevangenes te help ontsnap, het Maandag in die Mthatha-landdroshof verskyn.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is na die hooggeregshof in Mthatha oorgeplaas en tot 27 Februarie uitgestel.

Aviziwe Bila (27) het in September glo ʼn gelaaide vuurwapen in ʼn asblik by die hooggeregshof in Mthatha geplaas. Die twee gevangenes is doodgeskiet toe een van hulle die vuurwapen uit die asblik gehaal en in die hof losgebrand het, in ʼn poging om te ontsnap.

Beamptes van korrektiewe dienste het teruggeskiet en een van die oortreders kon daarin slaag om ʼn beampte se wapen af te neem. Een van die beamptes is in die been geskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SNEL ·

Maroela, seker nie die plek nie, maar waar is ons Bybelstukkie vir die dag…..of kyk ek dit mis?

Sune van Heerden ·

Dagsê SNEL

Die Gedagte vir die Dag verskyn telkens op die webwerf se tuisblad, en die opskrif begin telkens met “Gedagte vir die dag:”.
Indien jy nie wil soek daarvoor nie, kan jy onder “Goeie goed” net klik op “Stiltetyd”.
Dit word elke oggend ook om 05:00 op ons Facebook-blad (https://www.facebook.com/MaroelaMedia) gepubliseer. Dit is ook op ons app (Maroela Media) onder “Stiltetyd” gepubliseer indien jy ‘n iPhone of Android-slimfoon het.
Laat weet asseblief as jy nog steeds nie regkom nie.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.