Ao. Solomon Sibiya, woordvoerder van die polisie, het gesê die 27-jarige vrou is Woensdag in hegtenis geneem. “Die vrou is in hegtenis geneem nadat lede van die gemeenskap die polisie ingelig het dat sy ʼn paar dae terug nog swanger was en toe nie kon sê waar die baba is nie.” Die vrou het glo skuld erken.
Die polisie is Vrydag ontbied nadat die sak met die baba in ʼn veld naby die Mandisa Secondary School gevind is. Die polisie kon nie onmiddellik bevestig hoe lank die baba daar gelê het of waaraan die baba dood is nie.
Die vrou sal Vrydag in die Kagiso-landdroshof verskyn op aanklag van moord.