Vrou vasgebind, dood in huis aangetref

Argieffoto

Argieffoto

‘n Vrou van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is met haar hande en voete vasgebind, dood in haar huis aangetref.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die vrou se liggaam is in haar huis in die Orient Heights-woonbuurt aangetref.

Hy sê die motief vir die moord is nog nie bekend nie. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal.

‘n Saak van moord is by die Mountain Rise-polisiestasie aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.