Vroue verkrag glo man, steel sperm

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 33-jarige man is Dinsdag na bewering deur drie vroue verkrag wat daarna met sy semen op die vlug geslaan het.

Konst. Mncedi Mbombo, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die man het langs ʼn pad in Kwazakhele in die Oos-Kaap gestaan toe ʼn swart BMW met drie vroue langs hom gestop het. Hulle het aanwysings na ʼn nabygeleë informele nedersetting gevra. Terwyl die man aanwysings aan die bestuurder gegee het, het een van die vroue ʼn vuurwapen op hom gerig en hom in die motor in gedwing.

Volgens Mbombo het die vroue die man gedwing om ʼn onbekende vloeistof te drink voordat hulle hom om die beurt langs die pad verkrag het. Hulle het die man se semen in ʼn sakkie in ʼn koelboks gesit en gevlug.

ʼn Saak van verkragting is aanhangig gemaak, het Mbombo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Tonginniekies ·

….en dit my liewe vroutjie is hoekom ek so na vroumens parfuum ruik en nie kon perform nie…

Phillip ·

Nou het alles gehoor(gelees)! Wat is nog veilig hier in Suid Afrika?

Rassie ·

Wat gaan volgende die mensdom verbaas? Met HIV wat los hande rondloop – wie op aarde wil nou so ‘n kans vat? Dis so erg soos melk uit jou koffie steel!

zahn ·

Nou maak ek boeke toe. So by my kool, nou het ek alles gelees wat ek kan lees. ek weet mans kan ook verkrag word, en ek weet hierdie kan dalk ‘n vreeslike debat ontlont, (!), maar sjoe, woorde raak uitspattig hier.

Spokie ·

Ek glo dat daar is seker gevalle is waar mans verkrag word…maar hierdie klink soos n man wat dalk die kat in die donker geknyp het en nou n plan beraam vir ingeval. Die ander kan wees dat hy soos superman lyk en hulle moes net sy kinders hê?

chris ·

het jy gelees van die onbekende vloeistof wat hy moes drink voor die tyd? Werk dit vir jou self uit Peter

Peet Schabort ·

Arme man. Hulle moes hom met ‘n slap riem gevang het.

dave ·

Kyk dit was nou ‘n goeie stuk entertainment. Driekie Beukes se slaapriem en ander twak verhale is ook op SAUK te sien….

Gideon ·

Die vroue het seker gesorg dat die man eers ‘n stywe dop inkry!!!

Johan ·

Vir ons mans se jy…… Ek kan jou verseker dat ek nognooit ‘n persoon verkrag het nie. Dink eerder twee keer, of in jou geval, vra iemand wat dalk naby jou staan om vir jou te dink Voor jy sulke komentaar lewer

monique ·

Weet jy ons grap en maak slim aanmerkings maar die feit bly staan dat die man verkrag was. Hoekom is dit verskriklik as ‘n vrou verkrag word maar die teenoorgestelde word gese van ‘n man wat verkrag word. Vrou kan jy jou indink wat jy sou doen as jou man by die huis kom met so ‘n storie. Mans word verkrag op ‘n daaglikse basis as hulle hom gesodomeer het sou dit ‘n hele ander storie gewees het. Vra jouself net af wat as dit jou man of seun was of jy was? Wat as dit die vrouens se hele doel is om HIV te versprei. Ek bid vanaand vir die man en hoop hy word deur die Hemelse Vader gelei en haal nie wraak op ander onskuldige vrouens uit nie.

Neptunus ·

Dis nie die eerste keer dat so iets gerapporteer word nie. Daar was al ‘n paar keer in ons Engelse pers daaroor berig. O ja, hulle kon onmoontlik net sy “sperm” gesteel het soos die opskrif ons vertel, daar is ‘n verskil tussen sperm en semen. Dit is ook nie noodwendig ‘n “feit” dat die man verkrag is, soos party hierbo beweer nie, of was hulle dalk teenwoordig?

Desire ·

Dit klink na n klomp nonsens, en ek se nie mans word nie verkrag nie, maar DIE storie is n pot bollie…hoekom op dees aarde sal hulle sy ‘vloeistof’ in n koelboks sit? Klink meer soos n ooraktiewe verbeelding, of te veel nyaope

Tina ·

Dan lees ek al die kommentaar en ek wonder hoekom verkraging nie aangemeld word nie. April maand was die maand vir seksuele mishandeling en verkragting om victim blaming te stop, en dis wat in Mei maand gebeur…ek glo die man, dis die minste wat ons kan doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.