Vrystaat-skool se personeel ‘skuldig aan haatspraak’

Argieffoto

Argieffoto

Die Menseregtekommissie (MRK) het personeel by die Dr. Viljoen Gekombineerde Skool in Bloemfontein skuldig bevind aan haatspraak teenoor bruin en swart leerders.

Isaac Mangena, woordvoerder van die MRK, sê hulle het bewerings ondersoek dat leerders by die skool aan neerhalende en rassistiese behandeling deur personeel, insluitende die hoof, blootgestel is.

“Die kommissie het teen die hoof en personeel beslis in die saak van rassisme.” Kinders by die skool het beweer dat personeel hulle rassistiese, neerhalende en verkleinerende name soos “k****rs, bobbejane, ape en klein swart tewe” genoem het.

Magena sê die kommissie het bevind dat dié aanmerkings duidelik as haatspraak geklassifiseer kan word, soos gedefinieer deur die Wet vir die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onregverdige Diskriminasie.

“Hierdie dade van haatspraak kom op ‘n duidelike skending van beide die reg op gelykheid en menswaardigheid van die leerders neer,” het Mangena gesê.

Die kommissie het verskeie aanbevelings vir die skool en die Vrystaatse onderwysdepartement gemaak. Beide instansies moet onder meer prosedures in plek stel om rassisme te voorkom.

Die skool se beheerliggaam moet ook beleide en riglyne opstel wat aan die MRK voorgelê word vir hersiening.

Die departement moet skoolpersoneel oplei om diversiteit te waardeer, mekaar se kulture te verstaan, en strategieë in plek stel om rassisme teen te staan.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, sê die departement het die kommissie se verslag ontvang en bestudeer dit.

Die skoolhoof was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippie ·

Ek sluk swaar aan die bewerings.

Dis waarom ons moet aanhou veg vir selfbeskikking.

CVO Skole is tans die beste opsie.

Bollatjie ·

Dis sulke goed wat my so kwaad maak wat van die kere wat die wiel gedraai is en hulle praat neerhalend teen oor die blankes…..tel dit nie dan ook as Rassime nie???? Maar daar word nooit daar oor geskryf of gepraat nie.

schalla ·

noem hulle eerder n spelonk, gaan kyk die beskrywing in die woordeboek, baie mooi beskrywing

apie ·

Dit is tyd dat hierdie mense met hul eie identiteits krissise begin werk en daaroor kom. As ek ‘n rand gehad het vir elke maal wat ek iets anders as my naam genoem is, was ek ‘n miljoener. Maar ek hardloop nie elke keer na die koerante en howe en maak geraas nie, daar is belangriker dinge in die lewe. Word groot!

Belinda ·

Hahahaha Trippie ek stem…………. :-) maar ja daar bestaan net eenvoudig geen Reenboog nasie nie en klaar!

Maggie ·

Hier is defnitief ‘n gekonkel aan die gang, kan gerus die kinders met leunverklikkers toets,

Freddie Deysel ·

Ek was self klomp jare gelede in daai selfde skool en het die beste onderwysers en opvoeding gehad waarvoor mens kan vra!!! Ons is nooit verneder of name genoem nie, ‘n mens kan net wonder wat hierdie wonderlike kinders gedoen het om die onderwysers so te laat optree. (Na bewering…)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.