Vrystaat-tiener by kêrel se huis verkrag, vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 14-jarige meisie is Donderdag in Thabong naby Welkom in die Vrystaat verkrag en vermoor.

Ao. Malebo Khosano, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 02:00 Donderdagoggend plaasgevind. Die meisie het by haar 16-jarige kêrel se huis oornag toe hulle deur drie gewapende mans aangeval is. Die kêrel se 14-jarige broer was ook in die huis.

“Die verdagtes het geld gesoek en terwyl twee van die mans die huis deursoek het, het ʼn derde man die meisie verkrag,” het Khosano gesê. Die mans het die kêrel en sy broer met pangas aangeval voor hulle met geld, ʼn DVD-speler, selfone en skoene gevlug het.

“Die verdagtes het egter kort hierna teruggekeer en aan die meisie gevra of sy hulle ken. Sy het ‘nee’ geantwoord waarna een van die mans haar in die kop geskiet het. Sy is op slag dood.”

Volgens Khosano is die drie verdagtes steeds soek. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, verkragting en roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nuus_Leser ·

Die opskrif hiervan is baie misleidend. Vrystaat tiener by kêrel se huis verkrag, vermoor laat die leser dink die kêrel het haar vermoor… (Ek sê net)

Dit is egter ‘n vreeslike storie, my innige simpatie aan die meisie se ouers en familie en vriende wat hierdeur geraak is.

Sterkte,

lorayne ·

Die opskrif lees: ‘by kêrel se huis . . . Is dit nou wragtig SO moeilik om te verstaan? AS, hy haar vermoor het, sou hulle verseker geskryf het ‘deur’ kêrel by sy huis. . . (ek sê ook maar net)

Belinda ·

Dit gebeur as kinders wil dink hulle is groot op daai ouderdom moes sy by haar Pa en Ma gewees het en eers die kerels gelos het vir nog n paar jaar………………………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.