Vyf ontsnapte gevangenes weer vas; twee nog soek

Argieffoto

Argieffoto

Vyf van die sewe gevangenes wat twee dae gelede uit die Groenpunt-maksimumgevangenis in Vereeniging in Gauteng ontsnap het, is weer vasgetrek.

Logan Maistry, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Vrydag gesê vier van die gevangenes, Zandile Elvis Nkhabu, Teko Mphuthi, Kwazi Nkosi Ndlovu en Tshediso Benjamin Mokoena is Vrydagoggend in Deneysville vasgetrek. Majafe Celso Romao is Donderdag vasgetrek is toe hy op pad was Sasolburg toe.

Die twee gevangenes wat steeds gesoek word is Phillip Tivane en Petros Kgatliso Mabela.

Die sewe gevangenes het Donderdagoggend vermoedelik deur ‘n venster in die sentrum ontsnap. Die polisie het deur die nag gewerk om die vyf ontsnaptes weer vas te trek, het Maistry gesê.

Volgens Maistry is drie van die mans wat weer in hegtenis geneem is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Die vyf mans is skuldig bevind op aanklagte van inbraak, verkragting, roof, onwettige besit van vuurwapens en poging tot moord.

Die persentasie gevangenes wat sedert April 2014 uit korrektiewe sentrums ontsnap het, is 0,024%.

Zachariya Modise, waarnemende kommissaris van korrektiewe dienste, het ʼn beroep op die publiek gedoen om nie die twee ontsnapte gevangenes te nader indien hulle gesien word nie, maar eerder dit by die naaste polisiestasie rapporteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.