“Daar word beweer dat ʼn nuwe Ford Ranger-bakkie by ʼn motorhandelaar afgelewer is en ʼn onbekende man, wat in dieselfde uniform as die afleweringspersoneel was, met die bakkie weggery het,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die blitspatrollie het die verdagtes nagespoor en twee mans en twee vroue, tussen 48 en 55 jaar oud, is op die N4 by Brits in hegtenis geneem. Hulle was glo besig om ʼn gesteelde Nissan Navara-bakkie te sleep.
Volgens Mokgwabone is nog ʼn man wat by die motorhandelaar gewerk het in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by die rooftog.
Die verdagtes sal binnekort in die Rustenburg-landdroshof verskyn.
Inside information, werkers kan nie vertrou word nie daarom die hoe werkloosheidsyfer
Hier is 15 wonings en 10 tuine waar ek bly. Hier net 2 domestiek werkers en 1 tuinier. As die Anc omgegee het, sou hier 15 domestiek en 10 tuiniers gewees het. 25 mense kon werk hé en nou het net 3 mense werk. Danksy misdaad. Ek sal nie werkers vat nie…
Die vermetelheid – steel een motor om ‘n ander gesteelde motor te sleep!! Bly hulle is gevang!!