Weerlig slaan meisie dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Negejarige meisie van Marble Hall in Limpopo is dood nadat sy vroeër die week deur weerlig getref is.

Kons. Lethunya Mmuroa, polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die meisie het Donderdagmiddag ná skool huis toe gestap toe sy getref is. “Sy is na ʼn plaaslike hospitaal gehaas vir behandeling, maar het ongelukkig nie oorleef nie,” het Mmuroa gesê.

Die meisie is as Refilwe Mokau, ʼn graad 3-leerling aan Makalakanye Primary School, geïdentifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.