Wes-Rand-baba se dood word ondersoek

Plundery in Soweto Foto: @SAcrimefighters op Twitter.

Plundery in Soweto Foto: @SAcrimefighters op Twitter.

Die omstandighede wat tot ʼn baba se dood in Kagiso aan die Wes-Rand gelei het, sal ondersoek word.

“Die polisie sal ondersoek instel of die ma ook een van die plunderaars was,” het lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, gesê.

Maroela Media het vroeër berig die baba is Vrydag dood toe ʼn groep plunderaars hom vertrap het. Die plunderaars was besig om ʼn spaza-winkel te beroof toe die polisie daar opgedaag en hulle laat spaander het. Die groep het glo in die ma vasgehardloop wat die baba gedra het. Die baba is op die toneel dood verklaar.

Altsaam 24 mense is Vrydagaand in Kagiso in hegtenis geneem in verband met geweld en plundery van winkels wat aan uitlanders behoort.

Uitlanders se winkels word al sedert Maandag geplunder nadat ʼn Somaliër ʼn 14-jarige doodgeskiet het wat glo saam met sy vriende by die man se winkel wou inbreek. Die geweld het Donderdag na Kagiso en Sebokeng uitgebrei. Altesaam 4 mense, waaronder die baba, is dood en 178 persone is in hegtenis geneem.

Lees alle vorige berigte oor Soweto op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ladybug ·

Die steel was belangriker as haar kind se veiligheid … geen simpatie nie!

Neptunus ·

Klink of die arme kind in ‘n onwettige losgemaal beland het. Party mense moet maar net nie kinders hê nie.

Leeutjie ·

Was die ma nie op die verkeerde tyd op die verkeerde plek nie? ‘n Groep mense hardloop met ‘n spoed op jou af, jy val en hulle is bo-oor jou. Ek wonder maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.