‘Zuma skuldig aan aanhitsing van etniese konflik’

President Jacob Zuma lewer 'n toespraak op Vryheidsdag (27 April 2015) by die Uniegebou in Pretoria Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma lewer ‘n toespraak op Vryheidsdag (27 April 2015) by die Uniegebou in Pretoria Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê pres. Jacob Zuma speel met vuur deur hom skuldig te maak aan die aanhitsing van etniese konflik.

AfriForum se reaksie volg nadat Zuma Sondag in Pretoria gesê het Afrikane het in vrede met mekaar saamgeleef en pret gehad, maar toe kom die “ander”. Hierdie uitspraak volg nadat Zuma ook vroeër aangevoer het dat al die land se probleme met die aankoms van Jan van Riebeeck begin het.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is Zuma se uitsprake ʼn onbedekte poging om Afrikaners en wittes oor die algemeen as sondebok in die land uit te sonder. “Zuma behoort te weet daar is talle voorbeelde waar etniese konflik voorafgegaan is deur onverantwoordelike leiers se uitsprake wat etniese groepe as sondebokke verklaar,” het Kriel gesê.

Kriel het daarop gewys dat AfriForum sal toesien dat Zuma voor internasionale geregshowe tot verantwoording geroep word, sou sy “onbesonne” uitsprake tot verhoogde etniese konflik aanleiding gee. “In omstandighede waar die marteling en wreedheid waarmee sommige plaas- en ander moorde gepaardgaan reeds dui op groeiende rassehaat, is Zuma se uitsprake onverskoonbaar,” het Kriel bygevoeg. Volgens Kriel is Zuma se jongste uitsprake die duidelikste aanduiding nóg dat hy daarop uit is om Afrikaners en ander minderhede te teiken en teen hulle te regeer.

Kriel het ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen wat soos AfriForum wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe wil bevorder, om Zuma se polariserende uitsprake te verwerp en gesonde verhoudinge in die land te help bou. “Dit is in ons almal se belang dat ons nie deur onverantwoordelike leiers soos Zuma in ʼn bose kringloop van rassehaat ingesleep moet word nie,” het Kriel afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Annemarie ·

Ek het myself nooit voorheen aan propoganda skuldig gemaak nie, maar al die uitlatings teen wit, afrikaners maak my ongemaklik. Hoekom? want niemand in die regering rep ‘n woord oor die duidelike rassistiese en polariserende uitlatings nie. Nazi-Duitsland herinner my op ‘n manier hieraan wat aanleiding gegee het tot “kristallnacht”,
Sien die ooreenkoms….
“” The 500,000 Jews in Germany, who accounted for only 0.86% of the overall population, were singled out by the Nazi propaganda machine as an enemy within who were responsible for Germany’s defeat in the First World War and for its subsequent economic difficulties, such as the 1920s hyperinflation and Great Depression.”
“Kristallnacht was a pogrom (a series of coordinated deadly attacks) against Jews throughout Nazi Germany and Austria by non-Jewish civilians. German authorities looked on without intervening.”

anet ·

Mooi so AfriForum vat hom vas. Zuma dink dat hy verhewe is bo alles en dat niemand hom kan en mag aanraak nie. My gevolgtrekking is dat hy homself as ‘n sogenaamde God sien.

Hennie ·

Zuma, die hele ANC regime en baie ander (Mugabe ingesluit) het geen vermoë om te konsentreer daarop om oplossings te kry nie. Hulle verstar hulleself so aan die probleme dat hulle hulle enkele breinselle daar vashaak, en vererger die probleme. Almal vloek en skreeu teen apartheid, wat eitlik dui op AFSONDERLIKE ONTWIKKELING, maar daar was gekonsentreer op PROBLEEM OPLOSSING. 99% van die wereld het dit misgekyk en nou dat die probleme woed soos ‘n tsunami skreeu die buiteland oor die ghaos in Suid Afrika.

Geluk Kallie Kriel en AfriForum, julle is leiers en gebruik die gawes wat God julle gegee het. Mag God julle guns gee sodat julle die onnoseles en verstandloses kan lei!!

Edwin ·

zuma is duidelik terroristies en rassisties. Ons vra Afriforum en almal in ons land hom dienooreenkomstig hanteer. Die grootste meerderheid Afrikaners van alle kleure verafsku Zuma.

Winston ·

Een van sy grootste kamerade is Mister Mugabe. Sê my wie is jou vriende…..Hierdie situasie gaan nie ophou nie maar eerder toeneem. Sy uitsprake Zuma s’n, raak al meer blatant. Hy regeer a g v die meerderheid en nie die ingeligtes nie. En daai maak my bang. Afriforum dankie want julle is al wat optree. Ek is n trotse lid…..is jy?

Johan ·

Die wil werklik lyk of jy, zoempies, ‘n probleem met ons, wat die “ander” in jou woordeskat is, het. Jy het groot moeilikheid in jou lewe en nou soek jy iemand agter die deur daar waar jy wegkruip en die maklikste is om iemand te “skep” wat saam met jou daar kan staan. Jou verlede is besig om jou te vang. Stadig maar seker haal jou verlede jou in. Daar is niks wat ‘n mens se sisteem erger op bogger as jou eie gewete nie. En veral as mens alleen is. Dan praat daai outjies van die verlede agter jou ore met jou. Ek weet, want ek was al daar agv klein foutjies wat ek begaan het. Hoe nog te meer skree daai outjies uit die verlede in jou ore oor al die misstappe begaan is jou verlede. Meer as 700 gedokumenteerde “foutjies” volgens die DA . Wat nog te sê van die wat net jy self van weet.
Jy maak die “ander” af as die probleem, maar jy dra die ander se klere, praat hulle taal,voed jou kinders op in hulle taal, bly in hulle huise, maak gebruik van hulle vervoer, eet hulle kos en so kan ek aan en aan gaan.
Is die probleem nie maar net by jouself nie nommer een.
EN as jy mooi kyk, dit is ‘n glasdeur waaragter jy weg kruip. Almal sien jy staan daar en almal sien jou foute raak. Net jy is te blind daarvoor.
Kyk rond daar agter die deur ou zoempies. Dis net jy wat daar staan. Ons “ander” gaan aan met ons lewens. Ons kruip nie daar weg nie. Ek het niks om oor skaam te wees nie. Ek respekteer een en elkeen rondom my en lewe in harmonie saam een en elkeen. Ek dien my gemeenskap, wit en swart, hoewel ‘n groot gedeelte van my dagtaak daaraan spandeer word om reg te maak wat jou mense wat jy aanstel sonder die nodige opleiding verbrou.
Jou probleem is werklik soos jy reeds die boodskap gekry het. YOU ARE A BROKEN MAN IN A BROKEN SOSIETY!
Dit is tyd om terug te tree en plek te maak vir meer dinamiese leier,maar jy kan nie want as jy nie in beheer is van alle stelsels om jou nie, is jy kroon wild. Jy gaan dan die mag daar verloor en jy gaan gejag word.

MARTIN ·

Glo my, die dinge wat jy sê is feite. Die wiel draai. Ek het groot name sien val. Dit sluit myself in. Moet nie dink jy is bo jy bly altyd bo nie. As daai val kom , kom hy vinnig.

Leeutjie ·

10 uit 10 Johan. Jou insette was iets wat my regtig geinteresseer het, met soveel waarhede. A BROKEN MAN IN A BROKEN SOCIETY. Ek wens jou brief kon meer in die ope gewees het. Alles wat om ons gebeur en met ons gebeur is besig om ons vreugde te steel. Ek loop al lank met die gedagte van “I am so tired for being tired”. Waar gaan dit eindig?

Janine du Plessis ·

Z. soek doelbewus ‘n oorlog teen die Blankes in SA. Annemarie wys dit hier bo eintlik baie goed uit. Hy wil dit graag deel van sy “legacy” maak dat hy die Blankes verdryf het. Die Blanke leiers maak dit ook vir hom ongemaklik omdat hul intelligensie baie beter as syne is en hul ook die tallose wette op hul vingerpunte ken. Ook die verwysing na ons “brothers and sisters” wat sommer die hele Afrika insluit en die Blankes, Kleurlinge en Indiers van Suid-Afrika uitsluit, is openlik rassisties en sluit hierby aan.

Manie ·

Kyk na sy Bondgenote
Rusland , China , Kuba , Zimbabwe en so word jy geken aan jou vriende! !!
Die Afrikaners moet besef ons is op eie soos nog nooit tevore nie!!!

trienie oosthuysen ·

‘L’enfer, c’est les autres’ is die tema van “Huis clos”(no exit) deur die Franse skrywer, Sartre van 1950+-. Dit beteken: hel is die ander. So gesien sal ek tevrede voel om as ‘die ander’ geklassifiseer te word; om vir jakop, stortkop, f….kop reeds nou al hel te gee. In Sartre se drama word pas atgestorwenes deur ‘die ander’ wat agterbly geoordeel en daar is geen uitgang(no exit of ‘in camera’ as jy wil, geen uitkomkans nie.
Wens iemand kan aan ons swaksinnige prez verduidelik want hy kan nie eers ‘n toespraak lees sonder om te stotter nie wat sal hy tog simboliek in hogere letterkunde verstaan . Jammerte.

Pieksie ·

Baie geluk Kallie Kriel en Afriforum, Stem 100% saam Hennie en Johan.

pop ·

Mense sluit aan by afriforum, en betaal maar n bedraggie elke maand. Hulle doen darem iets, en help boonop duisende arm mense. Alles kos geld. HELP HULLE

Deborah ·

Al wat die man probeer doen is om die oningeligtes te probeer opsweep om sy eie bas te red van ondergang!!

Desire ·

Art 16 – Vryheid van Spraak – beteken dat elkeen die reg het om te se wat hy/sy wil met insluiting van die pers en ander media, alhoewel sekere tipe spraak nie beskerm word nie, te wete:
Propaganda vir oorlog
Ophitsing (aanpor) van mense om geweld te gebruik
Haatspraak
Haatspraak is bewoording wat haat versprei en mense aanhits om nadelig of gewelddadig op te tree teenoor andere weens hulle ras, geslag, etniese oorsprong of geloof.

Daar staan dit in Artikel 16 en ons President vee sy alie daaraan af

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.