Zuma vergelyk Nkandla met George-lughawe

President Jacob Zuma tydens Sondag se geleentheid. Foto: GCIS

President Jacob Zuma tydens Sondag se geleentheid. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het die bou van die George-lughawe vir oudpres. PW Botha met sy eie Nkandla-woning vergelyk, het Beeld Maandag berig.

Zuma het Sondag tydens ʼn geleentheid om mediavryheid te vier, gesê hy bly in ʼn staatswoning sonder om huur te betaal en reis met staatsvliegtuie sonder om daarvoor te betaal. “Is dit ʼn onregverdige voordeel?” wou hy weet.

Toe hy daarop gewys is dat sy Nkandla-woning ʼn persoonlike huis en nie staatseiendom is nie, het Zuma gesê dit is die staat se plig om die president en adjunk-president te beskerm.

Hy het aangevoer die lughawe in George is nie vir ekonomiese doeleindes gebou nie. “Dit is omdat Botha daar [in Wildernes] gebly het,” het hy gesê.

Hy wou weet waarom daar so veel kritiek oor Nkandla is. “Is Nkandla nie bedoel om ʼn president op te lewer nie?” wou hy weet.

Die regering het R246 miljoen aan opgraderings aan die Nkanla-woning betaal. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het in Maart vanjaar aanbeveel dat Zuma die gedeelte, wat nie aan veiligheidsopgraderings spandeer is nie, moet terugbetaal.

Klik hier om vorige berigte oor Nkandla te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

antjie ·

Ons prezie is darem vi jou arrogant en n hopelose leier…

anet ·

Mnr Zuma,moet jou asseblief nie vergelyk met PW Botha nie, miskien in jou drome wel.

George Lughawe is nie ‘n amptelike woning nie, maar wel ‘n openbare Lughawe, ek sien nie koeie
daar rondloop nie, asook is daar geen Amfiteater nie, dan praat ek nie eers van die sogenaamde
“firepool” nie.

In Mnr Botha se tyd toe hy regeer het was daar nie massa moord en roof nie, ook nie korrupsie nie. Hy het ook nie 6 vrouens en 23 kinders gehad vir wie die belastingbetaler moet betaal nie. Hy was ook nooit in ‘n verkragting Sage betrokke nie. Jy het nie sy Guts nie. Jou opmerkings is maar net ‘n bewys van hoe ongeletterd jy is. Jy is ‘n skande en vernedering vir Suid-Afrika!! gaan verkoop jou goedkoop snert aan jou parlement, hulle sal verstaan want hulle praat dieselfde taal !!!!

EMK ·

Anet, PRESIES net soos jy sê. Hy soek darem nou wraggies enigiets om as rede vir die vermorsing van geld met die bou van Nkandla te dien.. Dis omdat hy amper geen skolastiese opleiding het wat hy sulke onnosel uitlatings maak. Plaas hy die tyd wat hy gebruik om snert kwyt te raak gebruik om sy brein op te gradeer maar nee! Meeste van sy kaders het darem in die tronk hulself verbeter deur te studeer maar nie hy nie. En ek dink dis hoekom hul hom as president gekies het, hy is so toe soos ‘n speelgoedkarretjie se uitlaatpyp, so hulle het geweet hul sal hom kan manipuleer om te doen wat hulle wil en besluite laat neem soos wat hulle wil en hulle pas! Hy is te toe om agter te kom hulle speel hom.Hy is die hoofnar in die ANC sirkus, dis al wat ek kan sê.

se-net ·

Hy het GEEN idee waarvan hy praat nie, soos gewoonlik!!!!!!!!!

Walk ·

Het die Sunday Times nie gese dat hy dom is nie? Mossgas was die rede. Ek wonder of reisigers sy heliport by Nkandla kan gebruik?

Magda van der Merwe ·

PW Botha was so gaaf om sy speelgoed te deel. George lughawe is oop vir almal se gebruik. As ek nou weer in Natal is wil ek asb kom oorslaap in Nkandla oppad Richardsbaai toe.

charmaine ·

Dit het hulle maar lank gevat om die sop storie uit tekom,siestog.
En dan het hy nie eers die breins om dit self uit te dink of te skryf nie, n ander persoon wat seker saam met hom graad 3 geslaag het het die berig geskryf.

Chris du Plessis ·

Ten minste kan die hele RSA bevolking PW se lughawe gebruik in George tot hul eie voordeel.
Nie Nkadla nie ! – Probeer weer slymbalZUMA…..

Ina ·

Dit is al so ‘n VET GRAP dat almal en alles altyd die skuld moet kry vir iets wat hulle aanvang. Regtig, die stories is nou al so afgesaag dat dit net nie meer snaaks is nie, kan hulle nie ander flippen stories begin opmaak of uit hulle duim suig nie. Na 20 jaar kry hulle hulsef nogsteeds jammer en ag shame dis altyd apartheid se skuld… GET N FLIPPEN LIFE!!!!!!

Petrus Swanepoel ·

Ek het gehoor Zuma is besig met ‘n geheime projek om die buitenste ruim te besoek, sy plan is om op die son te land. Omdat die sending so groot geheim is en die son so warm is word dit gedurende die nag uitgevoer………….tong in die kies!

Babs ·

Rook die man sy sokkies? Hy het nie ‘n benul van landsake nie. Iemand moet dit nog net probeer tuisbring by hom dat dit die ANC se skuld is dat die land in so gemors is.

Nefie ·

Shame dis al wat hy altyd kan doen, apartheid as verskoning gebruik. En hy het dit seker afgelees.
Maar wat het hy al vir die land gedoen wat goed en positief was?
Uhm, so gedink, niks. In die 6 jaar, absoluut niks.

Hermanus Potgieter ·

Ek moet sê, dit is nie so snaaks nie en as dit nie so idioties verregaande was nie sou ons dalk eerder moes huil as lag. Hy is nou maar net eenvoudig dom en hy beledig ons om te verwag om dit te glo en dus sy IK moet deel. George lughawe word na al die jare steeds gebruik en was al die landingsplek vir duisende mense oor die jare, en ja as dit gebou is om vir Botha dit meer gerieflik te gemaak het, het dit ook vir alle Suid-Afrikaners dit baie gerieflik gemaak wat sou belangstel om daardie deel in Suid-Afrika te besoek. Voordele vir almal. Nkandla mag nie eers deur die publiek besoek word nie. So wat is die vergelyking presies?

William ·

Wanneer gaan hierdie man sy goed vat en waai??? Hy is absoluut pateties en n verleentheid.

J Z Myburg ·

As no een se,Dit is P W. se lughawe , verander dan die naam na P W Botha Lughawe dan kan almal sien wat die lughawe gebruik ,hoe P W hul geld gemors het,Nat so met Nkandla.verander die naam na Jacop Zuma sodat aimal kan sien hoe No een hul geld gemors het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.