Toyota laat vorige Corolla herleef

Foto: autoblog.com

Foto: autoblog.com

Omtrent drie maande nadat die elfde generasie Corolla in Suid-Afrika bekendgestel is, het Toyota aangekondig dat die vorige generasie sal herleef.

Die Corolla Quest, soos die “nuweling” bekend sal staan, sal die gaping vul wat die onttrekking van die Yaris-sedan aan die mark gelaat het. Die motor sal ook aansienlik goedkoper wees as die nuwe Corolla.

Die 1,6 liter-enjin waarme die vorige Corolla toegerus was, sal standaardtoerusting wees, en daar sal ‘n keuse tussen twee vlakke van afwerking en ‘n hand-of outomatiese ratkas wees. Lugversorging, lugsakke en sluitweerremme sal ook standaardtoerusting op alle modelle wees.

Die intreemodel in die reeks sal teen nagenoeg R 175 000 verkoop, wat op ‘n besparing van ongeveer R50 000 neerkom in vergelyking met die nuwe 1,6 Esteem. Die feit dat daar reeds vir die boukoste van die vorige generasie betaal is, help natuurlik, en die Quest sal, soos die nuwe generasie, by Toyota se fabriek naby Durban vervaardig word.

Die Quest behoort teen die middel van Mei by Toyota- handelaars landwyd beskikbaar te wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.