TT Cloete: “God se witbroodjie”

Foto: Brenda Veldtman vir NB uitgewers

Foto: Brenda Veldtman vir NB uitgewers

“’n Reus het genieters en koesteraars van die Afrikaanse letterkunde ontval.” Só sê prof. Bernard Odendaal, letterkundige, hoof van die ATKV-Skryfskool, en aanhanger van die poësie van prof. TT Cloete, wat Woensdagoggend in die ouderdom van 91 jaar in Potchefstroom oorlede is. Prof. Odendaal het vir Maroela Media geskryf oor Cloete se bydrae tot die Afrikaanse poësieskat, maar ook oor wie Cloete as mens was.

“Toe hy een keer uitgevra is oor hoe hy dit op so ’n hoë ouderdom regkry om steeds aan meer as een boek op ’n slag te werk, het hy laggend gesê hy is seker maar ’n witbroodjie van God,” vertel Odendaal.

Cloete, wat eers op 56-jarige leeftyd gedebuteer het met die album “Angelliera”, het volgens Odendaal “gesukkel om te verstaan waarom God juis hóm gekies het, hóm werkloos gemaak het om beskikbaar te word om oor God en Sy skepping digterlik te stamel in Afrikaans.”

“Dit was sy oortuiging dat ’n mens in die verweefde verskeidenheid van die skeppingsdinge as ’t ware die vingermerke van God kan waarneem,” aldus Odendaal.

Volgens hom was Cloete bekend vir sy diepgesetelde Christelike oortuigings, en vir sy digwerk waarin God en die onmeetbaarheid van die skepping ’n sentrale rol gespeel het. Ander temas wat gereeld in sy werk voorkom, is ekologiebewustheid en –kommer, liefde, en ook, veral in sy latere bundels, bejaardword.

Lees Odendaal se volledige artikel oor prof. TT Cloete se bydrae tot die Afrikaanse poësieskat hier.

Lees alle stories oor TT Cloete hier

Bibliografie:

Poësie

  • 1980 Angelliera
  • 1982 Jukstaposisie
  • 1985 Allotroop
  • 1986 Idiolek
  • 1989 Driepas
  • 1992 Met die aarde praat
  • 1998 Uit die hoek van my oog
  • 2001 Die baie ryk ure: 100 uitgesoekte gedigte
  • 2007 Heilige nuuskierigheid
  • 2010 Uit die wit lig van my land gesny. Vir Anna
  • 2011 Onversadig
  • 2014 Karnaval en Lent

Kortverhale

  • 1984 Die waarheid gelieg
  • 1997 Identikit

Toneel

  • 1986 Onderhoud met ’n bobbejaan

Akademiese publikasies

  • 1953 Trekkerswee en Joernaal van Jorik : twee gedigte met historiese materiaal uit twee fases van die Afrikaanse letterkunde
  • 1957 Beskouings oor poësie: ’n bundel opgedra aan prof. G. Dekker op sy sestigste verjaardag 11 November 1957(met andere)
  • 1961 Die wêreld is ons woning nie: ’n studie van die poësie van Totius met tekste
  • 1963 Totius
  • 1963 Op die woord af: opstelle oor die poësie van N.P. van Wyk Louw
  • 1963 Eugène N. Marais
  • 1966 Gids by D.J. Opperman se Senior Verseboek
  • 1970 Twee idilles: Martjie en Trekkerswee(Blokboek)
  • 1970 Tetralogie van F.A. Venter
  • 1970 Kaneel: Opstelle oor die letterkunde
  • 1972 Sensuur: prinsipieel en prakties besien
  • 1974 Joernaal van Jorik(Blokboek)
  • 1974 P. van Wyk Louw, 11 Junie 1906 – 18 Junie 1970
  • 1978 Totius se organiese beskouing(Langenhovengedenklesing)
  • 1980 Die Afrikaanse literatuur sedert sestig
  • 1980 Van Wyk Louw se fundamenteel dramatiese instelling(NP van Wyk Louw-gedenklesing)
  • 1982 Die verhouding tussen die skrywer en sy volk
  • 1982 Hoe om ’n gedig te ontleed(Blokboek)
  • 1984 Wat is literatuur?
  • 1993 Die literatuur en sy verband met die tyd
  • 2004 Van Leopold Tot Achterberg

Toekennings

  • 1976 Gustav Prellermedalje vir Literatuurwetenskap en Letterkundige Kritiek
  • 1980 Ingrid Jonkerprys vir Poësie (Angelliera)
  • 1981 WA Hofmeyrprys vir Poësie (Angelliera)
  • 1983 Louis Luytprys (Jukstaposisie)
  • 1985 CNA-prys (Allotroop)
  • 1986 WA Hofmeyrprys (Allotroop)
  • 1986 Eredoktorsgraad van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys
  • 1987 Hertzogprys vir Poësie (Allotroopen Idiolek)
  • 1990 WA Hofmeyrprys (Driepas)
  • 1990 WA Hofmeyrprys, (Heilige nuuskierigheid)
  • 1992 Rapportprys (Met die aarde praat)
  • 1993 Rapportryersprys vir Poësie (Met die aarde praat)
  • 1993 Hertzogprys vir Poësie (Met die aarde praat)
  • 2002 Andrew Murrayprys (vir die omdigting van psalms)
  • 2007 FAK-erepenning
  • 2008 Erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gwen ·

Literatuurwetenskap is nie reg gespel by die Gustav Prellermedalje nie.

Gwen ·

Daar was ook nog nooit ’n Universiteit van Potchefstroom soos die 1986-eredoktorsgraad beweer nie. Dit moet wees Potchefstroomse Universiteit vir CHO

Sune van Heerden ·

Dagsê Gwen

Dankie dat jy ons daarop gewys het. Ons vra om verskoning vir die oorsig, ons het die wysigings aangebring.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.