Twee in Kaapstad-ongeluk beseer

Foto: ER24

Twee mense is Vrydagmiddag ernstig beseer ná ‘n ongeluk in Mainweg, Constantiaberg in Kaapstad.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar ‘n Toyota het glo in die aankomende verkeer se baan beland voordat dit met ‘n Chevrolet reg van voor gebots het. Die Toyota is toe van die pad af gestamp en het aan die kant van die pad tot stilstand gekom. “Daar was een man en een vrou in die Toyota, beide vermoedelik in hul 20s, wat ernstige beserings opgedoen het,” het André Visser, woordvoerder van ER24 gesê. Die paramedici het beide vir rug- en nekbeserings en kopbeserings behandel voordat hulle na die Groote Schuur-hospitaal gejaag is. “Die enkele persoon in die Chevrolet het geen beserings opgedoen nie.”

Plaaslike regeringsbeamptes het die toneel besoek en sal die oorsaak van die ongeluk verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.