Twee wat polisievrou verkrag, vermoor swaar gestraf

Een van die mans wat skuldig bevind is aan die moord en verkragting van ʼn polisievrou van Bloemfontein is twee keer lewenslank tronkstraf gevonnis.

Die 36-jarige Amelia Henning se liggaam is verlede jaar in November met 34 steekwonde aangetref. Lucky Ngwedi (19) is ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf gevonnis. Seanette Mashinini (23) is tot altesaam 52 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het 25 jaar gekry vir moord, sewe jaar vir roof met verswarende omstandighede en 20 jaar vir verkragting. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Die derde beskuldigde in die saak, Thabo Mokoena, is vroeër tot pasiënt van die staatspresident verklaar. Henning, ʼn administratiewe klerk en ook polisiereservis by die Mangaung polisiestasie, is die aand van 23 November verlede jaar in ’n stuk veld in Pasteurrylaan in Hospitaalpark beroof, verkrag en vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.