Tzaneen-plaasaanval: Vrou skiet haar aanvaller dood

Susan Pohl (52) is Maandagoggend net na 09:00 op die Yamorna-hoewes buite Tzaneen, Limpopo, aangeval.

“Een van die arbeiders het Pohl, wat administratiewe werk vir die eienaars van die hoewe,  met ‘n mes aangeval,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig. “Die vrou het daarin geslaag om die pistool, wat op haar heup vasgemaak was, in die hande te kry en het haar aanvaller doodgeskiet.” Die vermeende aanvaller se familie is nog nie van sy afsterwe in kennis gestel nie, en sy identiteit word dus tans weerhou.

Gerugte doen die rondte dat daar drie mans was wat die vrou aangeval het, maar Otto het bevestig daar was net een aanvalleer.

‘n Geregtelike doodsondersoek sal uitgevoer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Buks Barnard ·

Dis nou regtig ‘n niksseggende ou verslaggie wat eintlik geen inligting gee nie. Die kan met vrug by lesings gebruik word as ‘n voorbeeld van swak joernalistiek.

Johanna ·

Dit is baie hartseer dat so iets moet gebeur maar is baie bly die dame was so paraat en kon haar self verdedig. Voel net jammer dat die omstandighede so sleg was.

Johanna ·

Ja dit is hoe dit klink maar as jy die omstandigehede rondom die gebeure ken dan lyk dit my wil hulle nie veel openbaar vir eers nie.

Johann H Claaassen ·

Was dit nou ‘n ‘plaasaanval’ of sommer net ‘n aanval deur een van haar werkers gedurende werktyd? Daar is darem ‘n helse verskil… En daarmee wil ek nie enige geweld teenoor enigiemand goedpraat nie. Ek het bloot ‘n probleem met die opskrif van die artikel.

willa ·

wonder wat die vrou gaan oorkom??? want jy mag mos nie die rowwers skiet nie….jy moet hul inwag en onthaal….is net bly sy kon haarself verdedig…

Dorothey ·

As iemand my in my huis aanval met ‘n mes eerstens is hy in my huis waar hy nie ingenooi is nie, tweedens moet ek myself verdedig want as ek eers doodgesteek is met die mes kan nie ek of enige iemand iets daaraan doen nie en derdens hy het my perseel betree en vierdens kyk die vrou se ouderdom. Hy kon hom seker nie met die vuis bykom soos ‘n man dit sou kon doen nie. Ek dink sy het die regte ding gedoen maar wat gaan hierdie onregverdige howe doen. Ek voel jammer vir haar dit is trauma wat jy nooit vergeet nie.

yvonne ·

sy het alle reg gehad om haarself the beskerm. As die government nie die mense van sy land kan beskerm nie, moet hulle toe gelaat word om hulle self te beskerm.

Danie Kriel ·

Ek weet nou nie of dit regverdig is om die verslaggewer te kritiseer nie – die inligting soos gepubliseer kom mos van die polisiewoordvoerder, of hoe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.