Vermeende bedrieër probeer sy gesig wegsteek

Xolisile Guquza Woensdag in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Xolisile Guquza Woensdag in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Xilisile Guquza, wat van bedrog aangekla word, het Woensdag voor sy verskyning in die Johannesburgse gespesialiseerde handelsmisdaadhof sy gesig met ʼn Nando’s-papiersak, probeer wegsteek.

Guquza het die Nando’s-papiersak, met gaatjies wat uitgesny is sodat hy kan sien, oor sy kop getrek. Hy het ʼn blou pak en pienk hemp aangehad.

Guquza, Thabo Shogolo en Andile Lungisa, die voormalige hoof van die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap, en sy vrou Ursula Sali word van bedrog en geldwassery beskuldig. Na bewering het hulle R2.5 miljoen ontvang en onder mekaar verdeel. Die geld is deur die departement van kuns en kultuur oorbetaal vir die Nelson Mandela-sportdagkonsert.

Hulle het glo belowe dat R Kelly, Amerikaanse sanger, by die konsert sou optree, maar hy het nooit opgedaag nie.

Hulle is in hegtenis geneem nadat hulle hulself vroeër aan die Valke oorgegee het.

Lungisa en Shogolo is elk op borgtog van R10 000 vrygelaat en Guquza het borgtog van R5 000 gekry. Sali is met ʼn waarskuwing vrygelaat.

Lungisa het intussen versoek dat hy van sy politieke pligte as lid van die uitvoerende komitee van die ANC in die Oos-Kaap ontslaan sal word terwyl hy die aanklag teen hom hanteer.

Die saak is tot 15 November uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jessica van der walt ·

Interesant, kan enige iemand my sE wat vd Dawie Groenewald saak aan d gang is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.