VF+: ‘Sanral-dreigemente vertel ʼn storie’

etolhekke in gautengDie Vryheidsfront Plus sê die dreigemente teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) moet die rooi ligte laat flikker vir die ANC-regering oor die erns van burgerlike weerstandigheid teenoor die e–tolstelsel.

Dit kom nadat Sanral se hoofkantoor in Midrand Sondag vir die derde keer in ʼn week ontruim moes word nadat daar ʼn bomdreigement was. Adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer, sê dit is duidelik dat die publiek moedeloos en vuisvoos is teen wat hulle beskou as onbillike optrede van die staat en het sy party om die rede ‘n landwye petisie geskep. “Teenstanders kan die petisie gebruik om op ‘n wettige wyse hul misnoeë te kenne te gee, raad te kry en sodoende teen die stelsel te kan veg. Die probleme wat mense ervaar is talryk. Selfs motoriste wat nooit eens op e-tolpaaie gery het nie, ervaar probleme. Die VF Plus is bereid om mense te help om hul probleme by die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) aan te meld. Ons nooi die publiek om hierdie wettige kanaal te volg om hul verset teen e-tol te wys. Die NVK is by magte om toe te sien dat al die probleme reggestel word. Terwyl ‘n klag by die NVK hangende is, mag Sanral geen regstappe of enige ander stappe teen ‘n persoon neem nie. Sanral hoef dus nie betaal te word terwyl ‘n saak hangende is nie.”

Die VF Plus sê hy gaan intussen steeds voort met sy hofsaak teen die regering oor die grondwetlikheid van die e-tolwet ten einde dit ongrondwetlik verklaar te kry. “Indien die VF Plus die saak wen, sal alle reeds betaalde gelde terugbetaalbaar wees,” sê Alberts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Alle gelde sal terugbetaalbaar wees, maar dit gaan ook seker weer ‘n uitgerekte proses wees met hope en eindelose foute.

JOHAN VERMAAK ·

MAG GOD JULLE SEEN VIR DIT WAT JULLE VIR ONS DOEN ,DIE ANC HET NOG NET DROOG GEMAAK,LAAT TOE DAT DIE BOERE VERMOOR WORD,KYK ANDERPAD,MET AL HUL DINGE IS DIE RAND SLEGTER DAARAAN TOE AS DIE ZIM DOLLER,AS JY NA DIE NUUS LUISTER STAAR ONS HOGERSNOOD IN DIE GESIG,ETOL EN WAT NOG? ONS MOET WEER ONS HERE LEER KEN EN ONS GELOOF IN GOD SE HANDE PLAAS, AS N ‘KLEIN GROEPIE BOERE ,VROUE EN KINDERS HULLE TOT GOD KON WENT EN HULLE GELOOF TOT SY KRAGTE OORGELAAT HET OM DIE SLAG VAN BLOEDRIVIER TE KON OORWIN SAL GOD ONS OOK RAAKSIEN NS, SE” MAAR NET VERTROUE OP DIE HERE EN LE’ DIT VOOR HOM NEER GOEIE NAG ALMAL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.