Video: Tokkelossie op kamera vasgevang

ʼn Man het die naweek vertel van sy vreesaanjaende ontmoeting met ʼn “tokkelossie”.

Albert Dlomo het in ʼn onderhoud Saterdagaand sy storie vertel en ʼn video van die voorval, wat op sy selfoon geneem is, gewys. Dlomo beweer hy het al baie kere die tokkelossie gehoor, maar het hom die keer “right handed [sic]” gevang. Hy sê die tokkelossie het in sy huis ingebreek, moddermerke gelos en sy hond se kos geëet. Dlomo het gaan ondersoek instel. “Ek wou die lig aansit, maar dit wou nie aangaan nie, want die tokkelossie het dit gebreek,” het hy gesê. Hy het sy selfoon uitgepluk om alles te “videorise [sic]”.

Hy kom dan op ʼn gedrog af en hardloop weg. Hy het sedertdien uit die huis uitgetrek en bly nou by sy vriendin.

Die verbruiker Pieter van Dijk het die video Maandag op Youtube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gustav Venter ·

As hulle die tokolossie net beter voer, sal hy hulle nie hoef te pla vir hulle honde se kos nie. Aan die ander kant, hulle sorg ook nie juis vir hulle honde nie (ek bly op ‘n plaas; ek weet.) Arme Tokkelos. Moet in die nag kom krap vir oorblyfsels in ‘n lokasiebrak se bak. Dis tyd vir TEB – Tokkelos Ekonomiese Bemagtiging. Hy kan dit uitgee op tokkeloskos by Woolworths. Ek hoor die rye is kort daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.