Vragmotorstaking: Einde dalk in sig

Die voortslepende vervoerstaking sal moontlik Vrydag tot ʼn einde kom.

Die werkgewers en vier vakbonde gaan na verwagting om 10:00 ʼn driejaar-loonooreenkoms teken. Vincent Masoga, die woordvoerder van Satawu, het dit bevestig en gesê die moontlikheid bestaan dat die staking vandag tot ʼn einde gaan kom.