65-jarige se vierling gebore

Annegret op die voorblad van die Bild-koerant.

Annegret op die voorblad van die Bild-koerant.

ʼn 65-jarige vrou van Duitsland het lewe geskenk aan ʼn vierling.

RTL het Saterdag berig dat die drie seuntjies en ʼn dogtertjie met behulp van ʼn keisersnee die wêreld ingebring is. Heikde Speda, woordvoerder van RTL, het gesê die kinders is Dinsdag gebore. “Dit gaan in die omstandighede goed met die ma.” Speda het bygevoeg dat die ma baie moeg was ná die operasie, maar die dokters is seker dat sy nie in gevaar is nie.

Die vrou, wat bekend staan as Annegret R, het glo reeds 17 kinders en sewe kleinkinders. Daar is vroeër berig dat sy 13 kinders het. Sy is kunsmatig bevrug by ʼn kliniek in die Oekraïne. Die vrou is erg gekritiseer omdat sy op haar ouderdom swanger geraak het.

Sy het die swangerskap geregverdig deur te sê haar 10-jarige dogter wil graag nog boeties en sussies hê. Die vierling is vroeg gebore, maar volgens dokters is hul kans op oorlewing goed. Die vier weeg almal tussen 655 en 960 g en is tussen 30 en 35 cm lank.

Neeta weeg 655 g en is 30 cm lank. Die drie seuns is Dries (960 g; 35 cm), Bence (680 g; 32 cm) en Fjonn (74 5g; 32,5 cm).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Mariska ·

O regtig, en WIE is jy nou wat hier oordeel?? n Mens moet OOK WEET wanneer dit nie jou besigheid is nie!!!

Sonia ·

Mariska, miskien as die ou-dame ‘n behoefte gehad het aan nog kindertjies, buiten die 17 wat sy reeds in die wêreld gebring het, en sy die energie oorhet om hulle haarself groot te maak, kon sy ‘n paar van die miljoene hawelose kindertjies ingeneem het. Maar jy’s reg wie is ons om te oordeel en WIE is JY om my en my opinie te oordeel???

Karen ·

Sonia, lekker jaloers my, as elke wit Afrikaner dit gedoen het, was ons nie nou in die gemors nie.

Rachel. ·

Geluk aan die moedertjie! Geskenk uit ons HEMELSE VADER se hand. Hy sal sorg.

fiefie ·

Sjoe die tannie het baie meer moed as ek….ek het op 41 jarige ouderdom n laatlam en dis baie veeleisend ek haal my hoed af vir die ouma met oemf!

CHRISTA ·

Sy gee Zuma en sy vrouens ‘n goeie ‘go’!!! Sy doen die ‘job’van al sy vrouens saam!!Wys jou net wat in die Duitsers sit!!!

Liesl ·

Sonia, ek stem saam met jou. Mens weet waar om die streep te trek. Na 17 kinders kan mens gerus daai streep dik trek. Hier gaan dit eindig waar die kinders die vierling moet grootmaak, want binne die volgende 5 jaar is daai ou-ma te moeg en swak om dit self te doen. Hoe gaan sy nog saam hul speel en bal skop? Nee man, as hul in matriek is dan is sy n ouvrou van 83!! Dit is realiteit en belaglik.

Gideon ·

Ag ek dink dit is wonderlik! My oupa grootjie was 65 en het met meisie van 16 getrou en hulle het 8 kinders gehad- waaronder my oupa een van tweeling was! My ouma grootjie was eers in haar veertigs ‘n weduwee.

Elaine ·

Dit sal ‘n koue dag in die hel wees as ek toelaat dat my 16 jarige kind met ‘n 65 jarige ouman trou. Nee man!

KarooKlong ·

“Rather be an old man’s lover than a young man’s slave”.

KarooKlong ·

“Rather be an old man’s lover than a young man’s slave”

Adel ·

Ons hemelse Vader insimineer nie vrouens kunsmatig nie. Dit is hoekom Hy vir Adam sy Eva gemaak het.

Lindie Lourens ·

Adel, jy slaan die spyker op sy kop! Watter regdenkende kliniek ( wat nie net agter die geld aan is nie ) doen so-iets?

KarooKlong ·

Aitog, mens kry darem jaloerse vroumense.

Hierdie antie is nog ok.

Lappop, van die Ashoop ·

Karooklong, op 65 moet vrouens oumas wees , nie ma’s nie. Kinders verdien ‘n ma , oumas is ‘n bonus. Wat gaan hierdie arme kinders ken? Daar is ‘n tyd en plek vir alles. Dit is omdat daar geen orde, reels en taboes meer is nie dat alles in die wereld onderste bo is. Wat reg is het verkeerd geword, en wat verkeerd is , het nou mode geword.

Eish! ·

Eerlik, arme kids wat sonder ‘n ma moet grootword. Hoop die 10jarige kind sal die opvoeding en versorging oorvat. Ek oordeel nie, net ‘n realiteit.

pop ·

Dis die mees belaglikste ding wat ek al gehoor het rakende kinders. Het die vrou n man, of het hy jare terug al gevlug??? Die staat moet seker vir die hordes kinders sorg. En ek stem saam, God insemineer nie uit proefbuise vir vrouens nie. Veral nie oumas nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.