AirAsia-vliegtuig word vermis

AirAsia A320-216 (argieffoto) Foto: planespotters.net

AirAsia A320-216 (argieffoto) Foto: planespotters.net

Die lugredery AirAsia Indonesia het bevestig dat vlug QZ8501 van Surabaya na Singapoer Sondagoggend kontak met die lugverkeerbeheer verloor het.

Die lugverkeerbeheer het om 07:24 (00:24 GMT) kontak verloor met die Airbus A320-200. Die vlug het om 05:35 uit die lughawe in Surabaya vertrek.

“Daar was twee vlieëniers, vier vlugkelners en een ingenieur aan boord,” lui die verklaring. “Daar is 155 passasiers aan boord, waaronder 138 volwassenes, 16 kinders en een baba. Een van die passasiers is van Singapoer, een van Maleisië, 3 van Suid-Korea en 157 van Indonesië.”

Volgens die lugredery het die bevelvoerende vlieënier altesaam 6 100 vlugure en die eerste beampte 2 275 vlugure ondervinding.

“Die soek- en reddingspoging word gelei deur die Burgerlike Lugvaartowerheid van Indonesië,” het die woordvoerder in die verklaring gesê. “AirAsia Indonesia gee sy volle samewerking in die ondersoek.”

Volgens die lugredery was die vliegtuig op die beplande vlugroete, maar het versoek om af te wyk weens weersomstandighede. Die vliegtuig se laaste geskeduleerde instandhouding was op 16 November 2014.

Vlugroete van AirAsia QZ8501

Vlugroete van AirAsia QZ8501

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kosie ·

Jy wat sanik oor ander se spelling, wat gaan nou met joune aan donsie?

Grassie ·

Kosie – hierdie Trippie is nie die Trippie waarmee jy altyd twis nie. Dit is iemand wat al weke lank die naam misbruik. So, twis maar voort – hierdie keer is ek aan jou kant.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.