Australië-gesinstragedie: Vrou vas

Blomme buite die huis waar die moorde plaasgevind het. Foto: @AndrewBGreene op Twitter.

Blomme buite die huis waar die moorde plaasgevind het. Foto: @AndrewBGreene op Twitter.

ʼn Australiese vrou is in hegtenis geneem nadat die liggame van agt kinders, tussen 18 maande en 14 jaar oud, in ʼn huis in Cairns aangetref is.

NBC News berig dat die 37-jarige vrou die ma is van sewe van die kinders en die agtste kind se tannie is. Die vrou is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal nadat sy steekwonde opgedoen het. Sy is onder polisieaanhouding.

Volgens ʼn woordvoerder van die polisie is daar verskeie messe in die huis gevind. Die slagoffers is intussen geïdentifiseer as vier meisies, onderskeidelik twee, 11, 12 en 14 jaar oud en vier seuns, onderskeidelik vyf, ses, agt en nege jaar oud. Die oorsaak van die kinders se dood is egter nog nie deur die polisie bekend gemaak nie.

Die vrou se 20-jarige seun het Vrydagoggend op die agt lyke en sy beseerde ma afgekom waarna die polisie ontbied is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hannelie Paulik ·

Maroela Media, die beste. Dankie vir ons Afrikaanse nuus. Wonderlik. Dankie. Geseende Kersfees en Geseende Nuwe Jaar. X

Joe64 ·

Die ergste wat familie kan oorkom;

En “onderskeidelik twee, 11, 12 en 14 jaar oud en vier seuns, onderskeidelik vyf, ses, agt en nege jaar oud. ” so korrek geskryf! Dis hoekom mens terugkom na die blad toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.