‘Beautiful Mind’ wiskundige oorlede

John Nash

John Nash

John Nash, die Amerikaanse wiskundige op wie se lewe die rolprent A Beautiful Mind gegrond is, is in ʼn motorongeluk dood.

Nash (86) en sy vrou Alicia (82) is in die botsing dood. Hulle het in ʼn taxi gery toe die bestuurder glo beheer verloor het. Nash en sy vrou is uit die voertuig geslinger. Nash, wenner van die Nobelprys vir ekonomie en ʼn skisofrenielyer was saam met sy vrou was op pad huis toe van die lughawe af ná ʼn besoek aan Noorweë.

Nash se lewe was die onderwerp van die Oscar-bekroonde A Beautiful Mind waarin Russel Crowe hom gespeel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Mag hy en sy vrou ‘n “beautiful afterlife” hê! Wonderliek fliek gewees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.