Foonbemarker red vrou tydens aanval

telefoonʼn Telefoonbemarker van Las Vegas in Amerika het moontlik ʼn vrou wat gebel is tydens ʼn aanval, se lewe gered.

Fox6Now berig die bemarker, van Americare Health and Nutrition, het die vrou gebel wat sowat 1 400km ver van die oproepsentrum in Oregon was.

‘n Booswig was besig om die vrou aan te val toe haar selfoon in haar broeksak lui. Die slagoffer was nie bewus dat die foon gelui het nie, maar die oproep is op ‘n manier beantwoord sonder dat die vrou met die bemarker gepraat het.

Die bemarker kon die vrou se angswekkende gille hoor, en hoor hoe sy geslaan word. Die bemarker het haar toesighouer in kennis gestel, waarna die polisie ontbied is.

Die Oregon-polisie was kort daarna by die slagoffer se huis en het die verdagte, Warren Ruck, op heterdaad betrap waar hy haar vasdruk terwyl sy na asem snak. Sy het aan die polisie gesê Ruck het ʼn vuurwapen en wou haar vermoor. Hy is dadelik in hegtenis geneem.

Bron: Fox6Now

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.