Foto: Haai, kyk daar!

Die foto is deur West Calhoun geneem en aan die Pensacola News-Journal gestuur

Die foto is deur West Calhoun geneem en aan die Pensacola News-Journal gestuur

Publisiteit was die laaste ding waaraan drie neefs gedink het nadat hulle ʼn reuse Mako-haai op ʼn strand aan die Amerikaanse Golfkus uitgetrek het.

Hul vangs sou moontlik ongemerk verbygegaan het as hulle nie op pad huis toe by ʼn vulstasie gestop het met die reuse roofdier agterop hul bakkie nie. ʼn Foto van die haai agterop die bakkie het egter soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei nadat ʼn verbyganger dit aan Pensacola News-Journal gestuur het en dit op hul Facebook-blad gelaai is.

Die koerant kon daarin slaag om die hengelaars op te spoor. Eranie Polk, Joey Polk en Kenny Peterson het die haai laataand van die strand af gevang en het glo sowat ʼn uur gespook om die bielie van 3,3m en 365kg in te katrol. Volgens berigte is die vangs moontlik ʼn nuwe wêreldrekord vir ʼn haai wat van die strand af gevang is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

PURE BOER ·

Man,,, hoe raak ek darm nou lus vir n lekker naweek van visvang. Hoop ek kry my bakie vandag, dan is die lyne nat, vuurtjie wat brand en n dop in die hand. :-)

Diderick ·

Ja, wat maak mens met ‘n haai. Ek verstaan die vleis is giftig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.