Foto’s: Prinses Charlene wys haar tweeling

monaco-tweeling7Die koningshuis van Monaco het die eerste foto’s beskikbaar gemaak van Prins Albert en prinses Charlene se tweeling wat vroeër die maand gebore is.

Die koninklike paleis het op Facebook foto’s gelaai van Gabriella Thérèse Marie en Jacques Honoré Rainier saam met hulle ouers. Die tweeling is op 10 Desember gebore. Gabriella is twee minute voor haar broer in die Prinses Grace-hospitaal gebore.

Jacques is die amptelike troonopvolger vir sy pa terwyl sy suster as die gravin van Carladès bekend sal staan. Charlene (36) is in Zimbabwe gebore maar het in Suid-Afrika grootgeword en was ’n Olimpiese swemmer vir die land. Sy en haar 56-jarige man is in Julie 2011 getroud.

Albert het twee kinders uit vorige verhoudings, sy dogter Jazmin en seun Alexandre. Albei is buite die eg gebore en mag daarom nie die troon bestyg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

zahn ·

Ek aanvaar die dame is nog seker in pyn of iets, sy lyk nie vir my vreeslik opgewonde nie? Die glimlag kom nie heeltemal by haar oë uit nie?

Rene ·

Baie geluk , min dat daar n seuntjie en n dogtertjie gebore word,
sy lyk vir my baie moeg …… shame

baie sterkte

Michelle ·

Sy lyk pragtig met die kleintjies. Dalk bietjie moeg maar nie ongelukkig nie.

Trippie ·

Pragtige fotos. Sy het ‘n baie aantreklike man. Mooi babas.

Dave ·

Waarom interesseer die pankop en sy vrou se ouerskap julle so? Daar is duisende meer babas gebore daarna. Besef julle hoe groot is die mikrostaat Monaco? Julle is verslaggewers se droom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.