Foto’s: Vliegtuig stort neer met ton kokaïen aan boord

Die vliegtuig stort op 20 Mei 2015 neer naby Puerto Colombia met meer as 1 ton kokaïen aan boord Foto:  Fuerza Aérea Colombiana, Facebook

Die vliegtuig stort op 20 Mei 2015 neer naby Puerto Colombia met meer as 1 ton kokaïen aan boord Foto: Fuerza Aérea Colombiana, Facebook

ʼn Privaat vliegtuig wat meer as ʼn ton kokaïen wou smokkel, het Woensdagoggend in die Karibiese See in die noorde van Colombia neergestort.

Die Hawker-800-vliegtuig het onwettig die Colombese lugruim betree tydens ʼn vlug van Venezuela na Sentraal-Amerika en ʼn vliegtuig van die Colombese lugmag het dit agternagesit.

Die vliegtuig het ʼn seelanding probeer voordat dit naby Puerto Colombia neergestort het, volgens ʼn aanlynberig deur die Colombese vloot.

Die vlieënier se liggaam en die dwelmmiddels is op die vliegtuig aangetref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stephan ·

Nog nooit gehoor van “Colombese” nie, maar wel van “Colombiaanse”…

rieta ·

SO geskied reg sonder om te kommer laat die sulkes weet wat ander se ondergang bewerk. AMEN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.