Griekeland se toekoms in die weegskaal ná goedkeuring van referendum

Argieffoto

Argieffoto

Sondag moet die Grieke ja of nee stem.

Die vraag handel oor die voorstelle van die Europese Sentrale Bank (ESB), die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die EU-kommissie vir ekonomiese hervorming. Net indien die hervorming uitgevoer word, sal hulp verleen word.

Tog maak die drie instellings dit duidelik dat dié opsie nie meer bestaan nie. Griekeland het die onderhandelingstafel verlaat en dit beteken dat die ESB, IMF en die EU-kommissie onder geen verpligting of binding staan om enige hulppakkette te verleen nie.

Voorstelle van die EU wat deel was van die onderhandeling, was dat BTW op die meeste produkte en dienste in Griekeland tot selfs 23% moet styg en dat daar ook ʼn pensionfondshervorming moet plaasvind.

Nogtans sal hierdie referendum groot gevolge meebring. Dit is so goed soos die vraag: Bly Griekeland in die Euro-sone of nie? Indien die Grieke ja stem vir die hervormings sal die deur vir onderhandelings met die ESB, IMF en EU weer oop wees.

Onafhanklike waarnemers spreek egter kommer uit dat dit ʼn organisatoriese probleem is om in so ʼn kort tyd 9 miljoen stembriewe te druk en uit te deel. Die koste vir die referendum word op €110 miljoen geraam. Volgens die Griekse grondwet moet ten minste 40% van die Grieke deelneem aan die referendum om dit as geldig te verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Grassie ·

Dit lyk vir my die Griekse burgers is nie bereid om met ‘n bietjie minder geld klaar te kom om hul land van finansiële ondergang te red nie. Hulle is soos die meerderheid mense in ons land – wil net hê en hê maar is te lui om hul hande uit hul moue te steek en te werk daarvoor. So ‘n krisis sal enige land oorkom waar die mense wat van maatskaplike toelae leef meer word as die belastingbetalers. Ons regering is seker te dom of te moedswillig om ‘n les te leer uit die Grieke se penarie.

Peet Schabort ·

En Grassie, dan is daar ook ‘n klompie bakhandstaners wat oppad is vanaf Afrika.

Anneke Louw ·

Hierdie berig handel oor Griekeland !!!! Nie Suid-Afrika nie !!!!

Rynhardt ·

Griekekand is bankrot nes talle Europese lande.Hy kan nie uit sy skuld kom nie.Hy skuld talle Europese banke en die IMF n fortuin!Net n formaliteit voordat markte gaan platval en die ware krisis geopenbaar gaan word!

Henkst ·

Demokratiese regerings werk nie vir ‘n onbepaalde tyd nie! Die stemmekopery dreineer net die staatskas.

Henkst ·

Demokratiese regerings werk nie vir ‘n onbepaalde tyd nie. Dit werk net totdat die stemkopery die staatkas gedreineer het.

jacques ·

Hulle lyk my worry dan nie oor hulle kinder se toekoms nie,gaan eerder nou uit die EU en kry vir n rukkie swaar.Hulle gaan net dieper in die skuld raak nou en opeindig as slawe van die EU wat hulle nog verder gaan droogsuig.Join die Bricks.

Monica ·

Ons was in Junie hierdie jaar in Griekeland. Wat ‘n pragtige plek met die mees hulpvaardigste, vrygewigste en vriendelikste mense. En glad nie duur nie. Mense met hul voete plat op die aarde en harte van goud. Ons was by Paramythia en Corfu. En alles was fantasties! !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.