Het Curiosity tekens van lewe op Mars gevind?

'n Foto wat Curiosity van homself geneem het in die Gale-krater op Mars Foto: NASA

‘n Foto wat Curiosity van homself geneem het in die Gale-krater op Mars Foto: NASA

ʼn Opwelling van metaangas in Mars se atmosfeer kan dalk daarop dui dat daar eens lewe op Mars was.

Wetenskaplikes waarsku egter daar mag heelwat ander oorsake vir die verskynsel wees.Die opwelling van metaangas kan selfs op teenswoordige lewe dui.

Nasa se Marstuig, Curiosity, het net meer as ’n jaar gelede die opwelling van metaangas in Mars se atmosfeer bemerk. Mars het, volgens die wetenskaplikes, ’n windjie gelaat. Oor ʼn tydperk van 60 dae het die metaangasvlakke in die atmosfeer sowat tien keer hoër as normaal gestyg, en toe weer na normaal teruggekeer. Die bevindinge van die omvattende ondersoek daarna, word Vrydag in die vaktydskrif, Science, gepubliseer.

Die moontlikheid dat dit op lewe nou of in die verlede dui, is een van die moontlikhede wat die wetenskaplikes in hul verdere studie in gedagte moet hou.Of die opwelling van metaangas op lewe dui of nie, die bevinding is belangrik. Dit dui daarop dat Mars onder die oppervlak steeds aktief is, en dat die ondergrond met die atmosfeer “kommunikeer”.

Nasa beklemtoon dat nog geen spoor van lewe gevind is nie, hoewel Curiosity ’n organiese materiaal, chlorobenzien gevind het.

Lees die volledige artikel in die Christian Science Monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willie ·

Dalk? Daar was eens lewe op Mars. Die ANC was al klaar daar want kyk hoe lyk die arme planeet nou.

Elizabeth ·

Hahaha, Willie!. Nee man, hierdie is darem baie interessant, ons lees graag alle en enige berigte oor ruimtedinge!Maar jy is heel snaaks so op die Woensdag!

Willie ·

Groot plesier Elizabeth, solank ‘n glimlag die mondhoeke ‘n goeie rek opwaarts kan gee.

Jan Groenewald ·

Ek kan net nie glo dat daar nog steeds mense is wat die snert glo nie. Daar was nog nie eers mense op die maan nie en nou wil hulle he almal moet hierdie nonsense glo…… wag wat het ek nou gesê….nog nie eers mense op die maan nie. Dis reg ja, daar was nog nooit enige persoon eers op die maan nie. Voor jy nou te kere gaan… dink gou eers vir jouself…(terloops, dis ook iets wat hulle nie wil hê die mense moet doen nie is om nie vir jouself te dink nie).

Maar dink gou. Die laaste kamstige landing op die maan was 1972. Mense ons praat van 42 jaar gelede. Wat het alles in die afgelope 42 jaar gebeur. Dink bietjie aan hoe tegnologie verbeter het, selfone, TV’s, rekenaars, voertuie, vliegtuie, kommunikasie ag ek kan aan gaan en aan gaan. Alles maar alles het beter, vinniger en kleiner geword. En die vooruitgang stop nie vir een oomblik nie.

Dink jy regtig dat indien hulle dit kon reg kry om mense op die maan te kry dat daar in die afgelope 42 jaar nog geen nuwe poging aangewend sou geword het om mense op die maan te kry nie. Kom nou, hierdie is tog net logika. Gaan bestudeer die foto’s en bewyse. Dis die selfde as 911. Hoeveel mense daar buite weet dat dat die whitehouse self is wat die hele ding beplan en uitgevoer het.

Indien jy die een is wat nou lekker vir my lag dan my vriend het ek slegte nuus vir jou. Jy sal ernstig moet gaan self ondersoek instel want jy word reeds deur die main stream media gemanipuleer om te glo wat hulle wil hê jy moet glo.

Die Here het nie verniet gesê dat Sy volk gaan te gronde as gevolg van ‘n gebrek aan kennis nie. Dink daaroor!!

Gert Coetzee ·

Sjoe,ek waardeer regtig jou expert opinion oor die whitehouse en om vir jouself te dink.Wees ons leier en doet so voort.
Ou Gert.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.