Hond steek Amerikaanse vasteland in vyf maande oor

Gidget

Gidget

Die eienaar van ’n sewejarige Jack Russell-terriër, Gidget, kon haar ore nie glo nie toe ’n diereskuiling aan die ander kant van die VSA laat weet het haar vermiste hond het na vyf maande haar opwagting daar gemaak.

Gidget het in April vanjaar in Huntingdon (Pennsilvanië) aan die ooskus pootjies gekry, en is nou in Tualatin (Oregon) gevind. Die hondjie moes byna ’n duisend kilometer par maand afgelê het, en daar word vermoed dat sy moes ge-toonnaelry het. Jack Russells kan so ʼn afstand te poot aflê maar Gidget is in ’n te goeie fisiese toestand gevind en het ook nie veel gewig verloor nie.

Die eienaar wil graag so gou as moontlik Gidget in haar arms hou, maar kan nie die vliegtuigkaartjie bekostig nie. Die diereskuiling hoop nou dat ’n lugreisiger as barmhartige samaritaan hom oor Gidget sal ontferm en sal saamneem.

Die nuus oor die hondjie se reis het reeds meer as 60 000 trefslae op Google gehad.

Bronne: ABC News, Portland Tribune.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.