Lewenslange jagpermit vir ses maande oue baba

Daylen Brickley

Daylen Brickley

ʼn Lewenslange jag- en visvangpermit is sopas kragtens ʼn nuwe program aan Daylen Brickley, ʼn ses maande oue babatjie van New Hampshire in die VSA uitgereik.

Sy visvanglisensie is geldig, maar hy sal ʼn jagveiligheidskursus moet voltooi voordat hy amptelik die permit ontvang.

Sy ma, Erica Brickley, is nie besorg oor sy toekomstige opleiding nie. “Die hele familie is grootgemaak om te jag en vis te vang. Hy sal seker maklik aanpas,” het sy aan die New Hampshire Union Leader gesê.

Beamptes het Dinsdag begin om die “Newborn Lifetime Combination Hunting and Fishing License” aan inwoners, jonger as een jaar oud, uit te reik.

Lewenslange permitte is vir volwassenes ook beskikbaar, maar teen ʼn hoër prys.

Lees meer: Union Leader

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kotie ·

Beamptes het Dinsdag bereik om die “Newborn Lifetime Combination Hunting and fishing License” aan inwoners, jonger as 1 jaar oud, uit te reik.

Dit maak nie sin nie. Moet seker wees Dinsdag begin…………?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.