Minstens twee dood in gyselaarsdrama in Kenia

Argieffoto

Argieffoto

Minstens twee mense is dood en 30 beseer toe ’n groep van vyf gewapende mans die gebouekompleks van die Garissa University College bestorm en beset het.

Na berig word, word verwag dat die dodetal aansienlik kan styg. Garissa is nie ver van die grens met Somalië nie, en die vermoede is dat Al Shabaab vir die aanval verantwoordelik is.

Kenia is op gereedheidsgrondslag vir aanvalle en universiteite word as waarskynlike teikens beskou. Die gebouekompleks was bewaak, maar die aanvallers het op die bewakers gevuur en daarin geslaag om die slaapeenhede te bereik.

Volgens die nuusdiens Belga het die aanvallers aanvanklik die universiteitskompleks se moskee aangeval. Skote en ontploffings is gehoor.

Bronne: ANP se volledige berig in Trouw

Belga se volledige berig in De Standaard

The Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.