Ouerpaar verloor hul drie kinders in MH17-vlugramp

Van links is Evie, Mo en Otis. Die foto is deur die familie aan die media verskaf.

Van links is Evie, Mo en Otis. Die foto is deur die familie aan die media verskaf.

“Ons pyn is intens en onverbiddelik. Ons lewe in ‘n hel verby die hel.” Dit is die woorde van Anthony Maslin en Marite Norris nadat hul drie kinders in die MH17-vlugramp omgekom het.

Die ouerpaar sê in ‘n verklaring dat niemand dít wat hulle nou beleef, verdien nie.

“Ons babas is nie hier by ons nie – ons moet met hierdie afskuwelike daad saamleef, elke dag en elke oomblik vir die res van ons lewens.

“Niemand verdien dít waardeur ons gaan nie. Nie eers die mense wat ons familie uit die lug uit geskiet het nie. Geen haat in die wêreld is so sterk soos die liefde wat ons vir ons kinders het nie, vir Mo, vir Evie, vir Otis.”

Mo (12), Evie (10) en Otis (8) was saam met hulle oupa Nick Norris (68) op vlug MH17 toe dit oor Oekraïne neergeskiet is. Hulle was op pad terug na Australië na ‘n vakansie in Amsterdam. Hulle ouers het besluit om langer aan te bly en het sodoende die doodsvlug gemis.

“Geen haat in die wêreld is so sterk soos ons liefde vir mekaar nie. Dit is ‘n openbaring wat vir ons ‘n bietjie vertroosting bring.”

Al 298 passasiers en bemanningslede aan boord vlug MH17 is in die ramp dood. Die vliegtuig het in ‘n gebied wat deur pro-Russiese rebelle beheer word neergestort. Volgens Amerikaanse beamptes is die vliegtuig waarskynlik deur ‘n missiel neergeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bibi ·

Ek kan nie eers begin om my in te dink hoe daardie ouers voel nie, dis verskriklik, al 3 kinders.
Die pad van herstel gaan baie lank wees maar ek en ek glo baie ander mense sal vir jul bid en aan jul dink.

AmY ·

Ai dit is hartseer. My innige simpatie aan die ouers en familie. Dit is die ergste seer wat daar is.

Jana ·

Sjoe, ek ken nie eers die mense nie, maar die trane rol oor my gesig soos ek die lees. Dit is absoluut onbeskryflik hartseer.

Marianna ·

Dit is nou n hartseer tragedie. Ek het net nie woorde nie, my keel trek eintlik toe…kan net dink hoe dit vir hierdie arme ouers moet voel…so so jammer…al ken ons julle nie, ons bid vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.