Inwoners van Taiwan het ʼn seekoei, wat van ʼn vragmotor afgespring het, vir ʼn dinosourus aangesien.
Die vragmotor het die seekoei vervoer toe dit paniekerig geraak en van die voertuig afgespring het, berig ABC News. Die seekoei het glo een van sy bene en ‘n paar tande gebreek, maar sal na verwagting ten volle herstel. Die seekoei is van Miaoli na die Sky-dieretuin vervoer.
Verwarde inwoners het aan owerhede gesê daar is ʼn dinosourus op vrye voet.
Volgens plaaslike media is die seekoei, genaamd “A-He”, ʼn groot aanloklikheid op die plaas waar hy bly en het al selfs ʼn paar jaar gelede in ʼn televisiereeks verskyn.
Bron: Taipei Times, ABC News