ʼn Beseerde seekoei wat verlede week in Taiwan uit ʼn bewegende vragmotor gespring het, is Maandag dood aangetref.
Maroela Media het vroeër berig 32-jarige seekoei, genaamd “A-He”, het Vrydag uit die vragmotor gespring toe hy na ʼn ontspanningsplaas in Taiwan vervoer is. Hy het sy tande en ʼn been gebreek.
Die seekoei is Saterdag na ʼn visplaas geneem waar hy nog ʼn besering opgedoen het toe die houer, waarin hy vervoer is, 2 meter ver geval het weens swak toue.
Volgens ʼn veearts was A-He moontlik ook gespanne weens honderde mense wat die dam besoek het om foto’s te neem.
Diereregtegroepe en wetgewers het Maandag hul kommer uitgespreek oor die prosedure om groot diere in Taiwan te vervoer.
Die seekoei het aan die Sky-dieretuin behoort. Die karkas word na die Taipei-dieretuin geneem om die oorsaak van dood te bepaal.
Volgens plaaslike media het A-He ʼn paar jaar gelede in ʼn televisiereeks verskyn.